MPO AANWYSER 8/1 JULIE 2020
Die afgelope vyf jaar het wisselvallige produsentepryse vir melkboere die veerkragtigheid van die melkplaas feitlik vernietig en die koers versnel waarteen melkplase hul ondernemings gestaak het. Hoewel die bedryf groei getoon het met betrekking tot die volume wat geproduseer is (gemiddeld 2,1% per jaar oor die tydperk), het dit gekom teen ’n prys wat die welvaart op sowel boere- as plaaswerkervlak vernietig het. Om die maatstaf van groei in die produksie van onverwerkte melk te gebruik om te bepaal wat die toestand van die primêre bedryf is, is nie ’n eksakte wetenskap nie.
Die blote feit van die boer se vermoë om produksie aan- en af te skakel voorsien agtergrond. ’n Wye reeks markfaktore beperk die melkboer se bewegingsruimte om te kan reageer op wyd fluktuerende prysseine. Die erns van negatiewe plaasekonomie sal verskil tussen verskillende melkplaasondernemings afhangende van die mikroklimaatstoestande, produksiestelsels en die melkkoper. Die hoë mate van prysonbestendigheid agter die skerms bring ook die rolspeler se lewensvatbaarheid en markbedrywighede in die gedrang.
Die groter wordende gaping tussen wat die melkboer vir suiwelprodukte ontvang en wat die verbruiker betaal is maar ’n voorspel tot die suiwelwaardeketting-konsert. Die vlak van onbestendige prysgedrag op die vlak van die boer word geïllustreer deur gebruik te maak van ’n lineêre-regressie-passing om ’n tendens te bepaal. R-kwadraat (R2) is ’n maatstaf van hoe goed ’n regressiemodel die data pas. Dit kan geïnterpreteer word as die proporsie variansie wat deur die regressiemodel verklaar word. Dit is ’n syfer tussen 0 en 1 (0 ≤ R2 ≤ 1). Hoe nader die waarde aan 1 is, hoe meer veranderlikheid verklaar die model.
Bron: Stats SA
Dit blyk duidelik uit die grafiek hierbo dat ’n lineêre regressie nie ’n goeie passing is vir die bepaling van ’n tendens in produsentepryse nie, terwyl dit ’n goeie passing bied vir die ander twee indekse, naamlik suiwelprodukpryse en kleinhandelpryse vir melk, kaas en eiers. Minstens die basiese regressie bring ’n mate van ’n tendens in die spel om te help met beplanning vir die twee rolspelers verder stroomaf vanaf die melkboer. Produsentepryse word nie slegs beïnvloed deur markfaktore nie, maar kan ook beïnvloed word deur die spesifieke omstandighede van ’n verwerker of kleinhandelaar.
Terwyl ander regressies getoets is (eksponensieel, logaritmies, polinomiaal, en tot die mag van) het slegs die polinomiale regressie ’n mate van passing gebied, hoewel steeds by ’n lae R-kwadraat (grafiek hieronder). Die tendens neem in werklikheid af sedert Januarie 2018 weens ’n skerp daling in produsentepryse sedert November 2017, vanwaar dit nooit ten volle herstel het nie. Die tydreeks wat gebruik is, is kort vir polinomiale regressie, maar is nuttig om die posisie van die melkboer te verstaan.
Met die gedrag van produsentepryse soos dit oor die vorige vyf jaar was, is sakebeplanning op primêre vlak onmoontlik met melkboere wat slegs op oorlewingsaksies en -strategieë fokus. Sodra ’n boerdery-onderneming met hierdie situasie gekonfronteer word, neem sosio-ekonomiese aktiwiteite af, voldoening aan regulasies raak papierdun, en optimalisering kom tweede ná aktiwiteite om kostes te besnoei. Die heel basiese uitdaging om te oorleef skop in.
Bron: Stats SA
Tabel 1: Indeksveranderinge – jaarliks soos in die maand Januarie (%)
Maand | Suiwelprodukte PPI | Onverwerkte melk PPI | VPI melk, kaas en eiers |
Jan 2016 | 0,20 | -8,00 | -0,10 |
Jan 2017 | 13,50 | 21,00 | 11,10 |
Jan 2018 | 2,00 | 1,30 | 4,20 |
Jan 2019 | -0,10 | -14,00 | 0,85 |
Jan 2020 | 3,54 | 9,60 | 3,00 |
Die verskil in prysgedrag tussen die drie indekse word beklemtoon in tabel 1. Negatiewe prysveranderinge (verlaagde pryse) gedurende die vyf observasies vir die stroomaf rolspelers in die waardeketting het slegs een keer voorgekom, en teen ’n miniskule persentasie van -0,1%. Melkboere het te kampe gehad met twee negatiewe veranderinge oor dieselfde tydperk van minstens 799 basispunte hoër as die een negatiewe prysverandering vir melkverwerkers en kleinhandelaars.
Om nog dieper te boor: oor dieselfde tydperk, Januarie 2015 tot Maart 2020, was die hoogste vlak van negatiewe prysverandering op die basis van ‘dieselfde maand, vorige jaar’ vir suiwelverwerkers –2,6% (Mei 2019) en vir kleinhandelaars –1,9% (Feb. 2015), terwyl dit vir melkboere –17,6% was (Nov. 2018). Die hoogste vlak van prysstyging het ook op melkboer-vlak voorgekom, wat bloot bewys met watter prysfluktuasies boere te kampe het.
In ontledings om te bepaal of hierdie indekse minstens in dieselfde rigting beweeg (of die res volg as produsentepryse daal), is gevind dat dit in slegs 33% van die maande vanaf Januarie 2015 tot Maart 2020 die geval was. Dit is beskou as van die grootste belang vir die uitdaging om ’n voorspelbare tendens in plaaspryse te skep en verbruikersvraag voort te dryf.
Volgens die drie indekse, naamlik Suiwelprodukte PPI, Onverwerkte melk PPI, en die VPI vir Melk, Kaas en Eiers soos gepubliseer deur Stats SA vir die tydperk Januarie 2015 tot Januarie 2020, het die indekse onderskeidelik gestyg met 19,8%; 6,4%; en 20,0%. As aanvaar word dat die basisprys vir die verskillende indekse R14,00, R4,30 en R21,00 onderskeidelik was in 2019, is die rand-bedrag van hierdie verhogings gelyk aan R2,77 vir verwerkers, R0,28 vir melkboere, en R4,20 vir kleinhandelaars. Hierdie berekening werp lig op die grootte-orde wanneer die persentasieverhogings tussen die drie rolspelers in die waardeketting vergelyk word, wat sterker beklemtoon moet word wanneer pryse ‘onderhandel’ word. (Let daarop dat dit ramings is en nie die hele suiwelprodukmandjie insluit nie.)
Produsentepryse word deur die MPO bereken gebaseer op inligting wat verstrek word deur lede en ander rolspelers, en wat ’n nasionale gemiddeld is. Die onderstaande grafiek is ’n tydreeks van Januarie 2015 tot Mei 2020. Die tydreeks korrespondeer grootliks met die indekse van Stats SA. Driekhoek A het aanleiding gegee tot driehoek B, B tot C, en C tot D. Driehoek B was die resultaat van te skerp verlagings van produsentepryse soos aangetoon in driehoek A.
Verhoogde plaaspryse tydens driehoek B het gesukkel om melkvloei te stimuleer, maar toe die keerpunt bereik word en die remme aangeslaan word gedurende driehoek C, het die melkvloei volgehou, wat daartoe gelei het dat produsentepryse vir ’n tydperk van 20 maande gewurg is. Die resultaat is die geboorte van driehoek D (wat steeds van krag is) waar die melkvloei traag is om te reageer op verhoogde produsentepryse. Dis belangrik om daarop te wys dat melkproduksie in die primêre sektor nie met ’n skakelaar aan- of afgeskakel kan word nie. Maar almal weet dit tog, reg?
Verhoogde produsentepryse (driehoek D) van die meeste verwerkers is oor ’n wye front aangekondig, sommige effektief vanaf 1 Maart 2020 en ander van die begin van April af. Die prys van melkvastestowwe het ook in albei maande verhoog, tesame met ’n algehele verbetering in melkvastestowwe.
Die narratief hierbo dui ’n situasie aan waar stabiliteit betreffende produsentepryse na die waardeketting moet terugkeer teen die agtergrond van ’n primêre bedryf wat moet herstel van negatiewe plaasekonomie gedurende 2018 en 2019. Dit is op sigself al erg genoeg, maar nou het ons ook nog ’n pandemie.
Gedurende die eerste 70 dae van die inperking het die vraag na suiwelprodukte ’n goeie posisie gehandhaaf in die verbruikersmandjie. Die inherente voedingswaarde van suiwel het ’n belangrike rol gespeel in hierdie prestasie. Sommige invoerprodukte word vervang, wat die vraag verhoog. Dit is belangrik om daarop te let dat melkaanvraag tussen verwerkers kon verskil, afhangende van die uitset van produkmengsels van die verwerker.
Onder normale omstandighede sal die bedryf ’n redelike idee hê van vraaggroei (2–2,5% groei per jaar). Die huidige omstandighede, wat ’n funksie is van die Suid-Afrikaanse ekonomie wat in 2020 ingekrimp het met 7,2% in reële terme (raming van SA Tesourie), hou te veel onbekende faktore in. Stimulus- en verligtingspakkette van die regering en die koste van krediet, wat die laagste in 50 jaar is, lewer selfs nog meer onsekerheid op met spesifieke verwysing na die verbruiker se besteebare inkomste.
Die vraagvlak is onseker weens drastiese veranderinge in ekonomiese aktiwiteit en die voortspruitende invloed op die verbruiker se besteebare inkomste. Op ’n makrovlak behoort die totale vraag na suiwelprodukte minder te wees, met sommige produkte wat meer geaffekteer is as ander. In kleinhandel-prysbepaling kan egter gebruik gemaak word van vraagelastisiteit, wat in die meeste suiwelprodukte teenwoordig is, om die vraagverskuiwingsgrootte te verklein. Om groot skommelings in die suiwelwaardeketting te vermy moet die vloei van inligting vanaf die kleinhandelaar via die verwerker na die melkboer ’n fokuspunt wees.
Haak en steek
Die MPO beplan zoom-vergaderings om die Aanwyser verder toe te lig en te bespreek.
Bertus van Heerden, hoof-ekonoom, Melkprodusente-organisasie (MPO)
Published on Friday, 3rd July 2020 - 08:34
disclaimer
Cookie | Duration | Description |
---|---|---|
cookielawinfo-checkbox-analytics | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Analytics". |
cookielawinfo-checkbox-functional | 11 months | The cookie is set by GDPR cookie consent to record the user consent for the cookies in the category "Functional". |
cookielawinfo-checkbox-necessary | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookies is used to store the user consent for the cookies in the category "Necessary". |
cookielawinfo-checkbox-others | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Other. |
cookielawinfo-checkbox-performance | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Performance". |
viewed_cookie_policy | 11 months | The cookie is set by the GDPR Cookie Consent plugin and is used to store whether or not user has consented to the use of cookies. It does not store any personal data. |