TERUGVOER OOR INSPEKSIEMAGTIGHEDE VAN NEJAHMOGUL

Tydens die regsuitspraak op 23 Februarie 2021 is Nejahmogul se fooie onwettig verklaar en met koste van die hand gewys. Nejahmogul is dus nog steeds die gemagtigde aangestel oor suiwel onder die Wet op Landbouprodukstandaarde (119 van 1990), maar beskik tans oor geen fooie wat dit kan hef vir dienste wat dit sou lewer nie. Dit kan ook nie betaling van fakture vir dienste voor die hofuitspraak eis nie.

Nejahmogul se aanstelling is slegs van toepassing op verwerkers en vervaardigers van melk en melkprodukte, nagemaakte suiwel en roomysprodukte. Dit het dus geen jurisduksie oor rou melk bestem vir verdere verwerking nie. Sou ‘n produsent rou melk direk vir menslike gebruik verkoop (waar dit wetlik toelaatbaar is), dan val dit wel onder R1510/2019 wat Nejahmogul moet toepas. Produsente Distribueerders (PD’s) is ook onderhewig aan dieselfde regualsie.

Dus:

  • Produsente wat slegs rou melk aan melkkopers lewer is uitgesluit.
  • Produsente wat rou melk direk vir menslike verbruik verkoop asook PD’s wat melk prosesseer en produkte soos maas vervaardig is onderhewig aan inspeksies deur Nejahmogul.
  • Nejahmogul het tans geen wetlike fooie wat afgekondig is nie en dit is onwaarskynlik dat hul huidiglik enige inspeksies sal kan doen.
  • Dit is belangrik om daarop te let dat Nejahmogul steeds gemagtig is om inspeksies uit te voer, maar dit sal vir sy eie rekening wees.
  • Melk SA se verteenwoordigers en prokureur is reeds van 13 Mei 2021 besig met opvolg vergaderings as deel van die “PAJA” proses met Departement Landbou en Nejahmogul om ‘n deursigtige en wetlik regmatige proses af te dwing, voordat Nejahmogul dit enigsens kan oorweeg om fooie af te kondig.
  • Dit word aanbeveel dat produsente via MPO myself skakel sou daar enige aksies tans van Nejahmogul aan die gang is. Ek sal graag wil weet van insidente waar produsente deur Nejahmogul gekontak is (buite hul mandaat), aangesien ons graag inligting van wanpraktyke sal wil ondersoek.
  • Produsente word ook aangeraai om versigtig te wees met besoekers wat hulself sal voorhou as aangesteldes van die department sonder enige magtigingsdokumente en afsprake.

Skakel gerus as daar enige verdere vrae is.

Groete,

Jompie Burger

Besturende direkteur

DAIRY STANDARD AGENCY

TEL: +27 (12) 665 4250

FAX: +27 (12) 665 3895

CELL: 083 9663827

E-mail: jompie@dairystandard.co.za

 

Published on Wednesday, 25th August 2021 - 10:48

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer