SEKSUELE TEISTERING IN DIE WERKSPLEK deur Christo Bester

Seksuele teistering in die werksplek was weer in die kollig weens die onlangse hofuitspraak waarin ’n vroulike werknemer ’n skadevergoedingsbedrag van R3,9 miljoen toegestaan is teen die werkgewer en die oortreder.

Seksuele teistering is ’n ernstige oortreding en word ook gesien as ’n vorm van onbillike diskriminasie. Die Wet op Gelyke Indiensneming (55 van 1998) bepaal dat ’n werkgewer die wet oortree indien hy of sy versuim om die nodige stappe te doen in gevalle van beweerde seksuele teistering. Artikel 60(3) van die Wet hou werkgewers aanspreeklik vir die onregmatige diskriminerende gedrag van hul werkers.

Die goeie-gedrag-praktykkode vir die hantering van seksuele testering in die werksplek definieer seksuele teistering as “ongewenste gedrag van ’n seksuele aard wat die regte van ’n werknemer skend.” Hierdie gedrag sluit enige fisieke, verbale of nie verbale seksuele optrede in wat die slagoffer ongemaklik laat voel.

DIE SLAGOFFER SE REGTE

Seksuele teistering skend die volgende regte van die slagoffer:

  • Die reg op ’n werksomgewing wat vry is van seksuele teistering.
  • Die reg om met respek en waardigheid gehanteer te word in die werksplek
  • Die reg op gelykheid, sonder diskriminasieop grond van geslag
  • Die reg om seksuele teistering aan te meld sonder vrees vir viktimisering
  • Die reg om ernstig opgeneem te word, en die vertroulike hantering van klagtes.

ONGEWENSTE GEDRAG

Gedrag sal slegs as seksuele teistering geag word as dit ’n seksuele ongewenste ondertoon het. Die ongewenste aard van seksuele teisteringsgedrag word onderskei van gedrag wat welkom en wedersyds is. Seksuele aandag word seksuele teistering indien:

  • Die ontvanger dit duidelik gemaak het dat die gedrag nie welkom is nie
  • Die gedrag volgehou word
  • Die oortreder moes geweet het dat die gedrag as onaanvaarbaar beskou word
  • Seksuele teistering kan voorkom tussen enige geslagte en staan onafhanklik van etniese afkoms. Die werkgewer sowel as die werknemer kan hom- of haarself daaraan skuldig maak. Selfs kontrakteurs en verskaffers spring nie verantwoordelikheid vry nie.

Werkgewers moet beleid en prosedures instel om seksuele teistering hok te slaan. Dit moet vir alle werknemers in die werksplek duidelik wees dat seksuele teistering nie geduld sal word nie. Hulle moet verstaan watter optrede as seksuele teistering beskou word, hoe dit gerapporteer moet word en hoe dit gehanteer sal word.

Published on Wednesday, 23rd June 2021 - 17:23

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer