Ontmoet die MPO-streeksverteenwoordigers

 

Benita Oelofsen is gebore en getoë in Pretoria en werk sedert 2012 by die MPO. Sy is verantwoordelik vir die noordelike produksiegebied wat finaal in 2020 onder een bestuur saamgevoeg is, naamlik die Noord-Kaap, Vrystaat, Noordwes, Gauteng, Mpumalanga en Limpopo.

Benita stel die melkprodusente in haar streek eerste deur daagliks die MPO se missie en visie uit te leef, en elke produsent aan te moedig om saam met die organsisasie te groei. Sy glo gesonde kommunikasie is die sleutel tot sukses en daarom is dit noodsaaklik dat melkprodusente inskakel by die nuwe kommunikasieplatforms.

Navrae: 073 116 8544; benita@mpo.co.za

Ilse Hugo glo boerdery vloei soos bloed in haar are. Haar kinders is die vyfde geslag van die familieplaas in die Noord-wes provinsie en sy verstaan die hart van ’n produsent.

Voorheen werksaam as bemarker by Agri Connect, is dit vir haar ’n lewensdroom om op ’n persoonlike vlak by die produsente en landbouverwante aktiwiteite betrokke te wees. Ilse wil soveel as moontlik van die Oos-Kaapse melkprodusente persoonlik ontmoet om ’n verskil te maak en elkeen by te staan op welke manier haar streeksbestuursvaardighede benodig word. Kontak haar gerus met enige navrae, krapperigheid of voorstelle, sodat dit geadresseer en/of opgelos kan word.

Navrae: 082 898 3868; ec@mpo.co.za.

Carlien Roodt is ’n gekwalifiseerde ekoloog met ’n meestersgraad in natuurbewaring en wildsplaasbestuur, asook ’n graad in kleinbesigheidsbestuur. Sy het haar kwalifikasies in groot-vyf-wildreservate voltooi en het uitgebreide ervaring in die toerismebedryf.

Carlien het in 2017 Kwazulu-Natal toe verhuis en woon tans op ’n avokadopeerplaas in die Winterskloof waar haar man boer. Om haar passie vir die natuur en plaaslewe uit te leef, het sy by die MPO aangesluit as KwaZulu-Natal se streeksbestuurder. Sy sien uit daarna om haar vinger op die pols te hou deur skakeling met die melkprodusente in haar streek en om die beeld van die melkprodusent uit te bou.

Navrae: 083 312 4014; kzn@mpo.co.za.

Clarissca Strydom het grootgeword in die Bosveld waar sy van jongs af saam met haar pa met skape, bokke en vleisbeeste geboer het. Sy het haar BSc (Agric)-graad in veekunde aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Sy het intussen Wes-Kaap toe verhuis waar sy vanjaar as die MPO Wes-Kaap se streeksbestuurder aangestel is.

Sy wil graag ’n sinvolle bydrae maak deur die Wes-Kaap se melkprodusente met die nuutste beskikbare bedryfsinligting te bemagtig. Dit is vir haar lekker om met die produsente te skakel, om die aspekte van winsgewendheid in ’n produsent se boerdery beter te leer verstaan, en om daagliks iets nuuts te leer.

Navrae: 076 774 1284; wc@mpo.co.za.

Published on Monday, 9th November 2020 - 15:54

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer