Mediaverklaring: vir onmiddellike vrystelling
MPO MEDIADAG
20 MEI 2020
Nomineer ’n goeie rentmeester!
Rolspelers in die bedryf word uitgenooi om nominasies in te dien vir die MPO Nedbank Rentmeesterskap-toekennings 2020 in medewerking met die Wêreldnatuurfonds (WWF) en The Dairy Mail. Indien jy weet van ’n melkboer wat die toonbeeld is van ’n goeie suiwel-rentmeester, word jy genooi om hom of haar te nomineer in die vierde jaarlikse Rentmeesterskap-toekenningskompetisie.
Genomineerde boere behoort in minstens drie van die volgende areas uit te blink:
Om in te skryf, voltooi die nominasievorm by mpo.co.za/nedbank-stewardship-awards-entry-form-2020/ en dien die inskrywing in by Barbara Bieldt, barbara@mpo.co.za teen 30 Junie 2020. Genomineerde boere moet die MPO 3P metric stewardship survey (3 P’s: people, planet, profitability) voltooi, wat deur ’n beoordelingsproses gestuur sal word om die drie finaliste te bepaal wat op die plaas besoek sal word vir ’n finale assessering. Genomineerde boere sal terugvoering ontvang gebaseer op die MPO 3P metric stewardship survey om hulle volhoubaarheidspogings verder te versterk. Die beoordelaarspaneel bestaan uit dr. Chris van Dijk – MPO, dr. Heinz Meissner – Melk SA, Sue Viljoen – WWF, en Jompie Burger – Suiwelstandaardagentskap.
Die wenner en naaswenner sal aangekondig word by die jaarlikse MPO-galageleentheid op 4 November. Nedbank borg pryse ter waarde van R80 000: R40 000 vir die wenner, R30 000 vir die naaswenner, en R10 000 vir die derde plek vir besteding op die plaas ten einde hul rentmeesterskap-doelwitte te bereik.
#Stewardship #Nedbank #WWFSouthAfrica #TheDairyMail #proudlySouthAfricanDairy #MPO #MilkProducersOrganisation
Published on Wednesday, 27th May 2020 - 14:21
disclaimer
Cookie | Duration | Description |
---|---|---|
cookielawinfo-checkbox-analytics | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Analytics". |
cookielawinfo-checkbox-functional | 11 months | The cookie is set by GDPR cookie consent to record the user consent for the cookies in the category "Functional". |
cookielawinfo-checkbox-necessary | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookies is used to store the user consent for the cookies in the category "Necessary". |
cookielawinfo-checkbox-others | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Other. |
cookielawinfo-checkbox-performance | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Performance". |
viewed_cookie_policy | 11 months | The cookie is set by the GDPR Cookie Consent plugin and is used to store whether or not user has consented to the use of cookies. It does not store any personal data. |