Mediaverklaring: vir onmiddellike vrystelling
MPO MEDIADAG
20 MEI 2020
Helene Pheiffer, bestuurder van die MPO Opleidingsinstituut, het inligting verstrek oor die aanlynkursusse wat gedurende die inperkingstyd geloods is. In hierdie COVID-19-tyd het die MPO-Instituut ook gerat geraak vir die digitale wêreld.
Biosekuriteitsbestuur
Die MPO-Instituut se eerste aanlyn-Zoom-opleidingsgeleentheid is die biosekuriteit-bestuursprogram. Hierdie program maak deel uit van die instituut se AgriSETA-projekte wat fokus op die ontwikkeling en opleiding van veeartse in verpligte gemeenskapsdiens in landelike gebiede. Weens die geleenthede wat hierdie digitale platform skep, is hierdie sessie nie net oop vir veeartse in verpligte gemeenskapsdiens nie, maar ook vir staats- en private veeartse asook dieregesondsheidstegnici.
Die program word aangebied deur dr. Chris van Dijk. Daar sal twee sessies wees, op 18 en 19 Junie en weer op 6 en 7 Julie. Die sessies vind op albei dae plaas van 9:00 tot 13:00. Die program is geakkrediteer deur die Suid-Afrikaanse Veeartsenykundige Raad en die deelnemers ontvang agt punte vir voortgesette professionele ontwikkeling by die voltooiing daarvan. Die program dek die stand van biosekuriteit in Suid-Afrika, die risiko’s verbonde aan suiwel en die koste van dieresiektes, die basiese aspekte van biosekuriteit betreffende diere, mense en programme, en die ontwikkeling van ’n biosekuriteitsplan.
Daar sal ook ’n interaktiewe paneelbespreking wees met dr. Chris van Dijk, dr. Faffa Malan en dr. Shaun Morris. Deelnemers sal ’n biosekuriteit-werkopdrag en aanlyn-assessering moet voltooi. Belangstellendes moet vooraf registreer sodat die MPO-Instituut Zoom-besonderhede vir toegang tot die webinaar kan verstrek en relevante opleidingsmateriaal beskikbaar kan stel. Die kontakpersoon vir hierdie opleiding is Corlia Oberholzer, opleidings- en kliëntesteunbestuurder.
Aanlynleer vir boere en plaaswerkers
Die MPO-Instituut het ook ’n aanlynleerplatform vir boere en plaaswerkers ontwikkel. Ons eerste aanlynleersessie word in Julie geloods en is gerig op die grootmaak en voeding asook ’n gesondheidsorgprogram vir kalwers en verse in ’n melkkudde. ’n Aanlynplatform kan nie die waarde van persoon-tot-persoon- of plaasopleiding repliseer nie, maar dit skep nuwe ervarings en vaardighede vir ’n mengsel van opleidingsgeleenthede. Hierdie kursus dek kalf- en versgesondheidsorg, kalfgrootmaakstelsels, higiëne en versorging, kalfvoedingskonsepte, bewustheid van kalfsiektes in ’n melkkudde, en kalf- en versproduksiekonsepte. Die voordele van aanlynopleiding is die gerief en buigsaamheid wat dit bied terwyl die student moontlik in skofte moet werk. Dit is maklik toeganklik, daar sal ewekansige toetsing wees, die koste is laer en daar sal aanlynsteun wees gedurende die aanbieding. Belangstellendes kan Corlia Oberholzer kontak.
Sensoriese kaasevaluasie
In opvolging van die sukses wat ons behaal het met ons kursus in suiwel- sensoriese evaluering wat vroeër vanjaar op Elsenburg gehou is, het ons besluit om op 24 June ’n twee uur lange webinaar aan te bied oor die sensoriese evaluering van kaas. Die program dek die proses en waarde van sensoriese evaluasie. Daar sal ’n praktiese sessie wees, en die deelnemers sal vooraf inligting ontvang oor watter kase om te verkry sodat die gebruik en smaak van die onderskeie kase tydens die webinaar bespreek kan word. Die smaakwaarde van kase in verskillende geregte sal ook bespreek word. Die aanbieder is Kobus Mulder, die bekende Suid-Afrikaanse en internasionale beoordelaar. Ons sal binnekort ons mediabemarking loods.
Published on Wednesday, 27th May 2020 - 13:50
disclaimer
Cookie | Duration | Description |
---|---|---|
cookielawinfo-checkbox-analytics | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Analytics". |
cookielawinfo-checkbox-functional | 11 months | The cookie is set by GDPR cookie consent to record the user consent for the cookies in the category "Functional". |
cookielawinfo-checkbox-necessary | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookies is used to store the user consent for the cookies in the category "Necessary". |
cookielawinfo-checkbox-others | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Other. |
cookielawinfo-checkbox-performance | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Performance". |
viewed_cookie_policy | 11 months | The cookie is set by the GDPR Cookie Consent plugin and is used to store whether or not user has consented to the use of cookies. It does not store any personal data. |