Die MPO Nedbank Rentmeesterskaptoekennings vir melkboere wat uitstaande rentmeesters is van hulle besighede, produk, diere en mense op die plaas, die omliggende gemeenskap en die omgewing word hierdie jaar vir die vyfde keer aangebi
Wat behels die Rentmeesterskaptoekennings?
Suid-Afrikaanse melkboere is van die beste in die wêreld en produseer melk teen die derde laagste koste wêreldwyd. Dit spreek boekdele ten opsigte van doeltreffendheid en produktiwiteit. Ons melkboere is wêreldklas ten spyte van die feit dat ons net 0,4% van die wêreld se melk produseer.
In die lig hiervan het die MPO in 2017 die Rentmeesterskaptoekennings bekend gestel om melkboere wat goeie rentmeesters van hulle plase is te erken en beloon en ook om die publiek in te lig dat die suiwelprodukte wat hulle koop op ‘n verantwoordelike en volhoubare manier geproduseer word. Om in aanmerking te kom vir die toekenning moet genomineerde melkboere presteer in al drie die strategiese pilare van volhoubaarheid naamlik winsgewendheid, sosiaal (die mense en diere op die plaas en die omliggende gemeenskap) en die omgewing. Die beoordelaars het die vorige vier jaar nie ‘n maklike taak gehad nie – om ‘n wenner te kies tussen sulke hoogstaande suiwelrentmeesters is nie kinderspeletjies nie. Die toekennings is beslis een van die groot hoogtepunte op die MPO se jaarlikse kalender en ons voel bevoorreg om met ons melkboere te kan spog.
Wat is die vereistes vir goeie rentmeesterskap?
Watter stappe word gevolg in die beoordelingsproses?
Die MPO het vroeg in Maart ‘n uitnodiging gerig aan rolspelers in die bedryf om boere te nomineer wat goeie rentmeesters van hulle melkplase is. Die sluitingsdatum vir die nominasies is 30 Junie. Genomineerde boere is gevra om die MPO 3P Rentmeesterskap vraelys in te vul wat die elektroniese been van die beoordeling is. Die finaliste word op grond van die puntetoekenning vir hulle antwoorde op die vraelys gekies. Die beoordelaars lê by elkeen van die finaliste se plase ‘n verifikasiebesoek af as die laaste stap in die beoordelingsproses. Die finale punte word bereken op grond van ‘n kombinasie van die punte toegeken met die elektroniese vraelys en tydens die plaasbesoeke.
Die beoordelaarspaneel bestaan uit Dr Chris van Dijk en Barbara Bieldt – MPO, Dr Heinz Meissner – Melk SA, Sue Viljoen – World Wide Fund for Nature (WWF) en Jompie Burger – Suiwel Standaard Agentskap.
Wanneer word die wenner aangekondig en watter pryse kan die jaar gewen word?
Die wenner word aangekondig tydens die MPO se jaarlikse Galadinee en Toekenningsfunksie wat hierdie jaar op 19 Oktober plaasvind. Nedbank borg pryse ter waarde van R80 000 – R40 000 vir die wenner, R30 000 vir die naaswenner en R10 000 vir die derde plek om op die plaas te gebruik om hulle rentmeesterskapsdoelwitte te bereik. Plaasvideo’s deur Nedbank geborg word ook gemaak op elkeen van die drie finalsite se plase en word tydens die toekenningsseremonie vertoon en op al die MPO se mediaplatforms versprei.
Published on Friday, 26th March 2021 - 09:27
disclaimer
Cookie | Duration | Description |
---|---|---|
cookielawinfo-checkbox-analytics | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Analytics". |
cookielawinfo-checkbox-functional | 11 months | The cookie is set by GDPR cookie consent to record the user consent for the cookies in the category "Functional". |
cookielawinfo-checkbox-necessary | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookies is used to store the user consent for the cookies in the category "Necessary". |
cookielawinfo-checkbox-others | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Other. |
cookielawinfo-checkbox-performance | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Performance". |
viewed_cookie_policy | 11 months | The cookie is set by the GDPR Cookie Consent plugin and is used to store whether or not user has consented to the use of cookies. It does not store any personal data. |