MPO MEDIADAG 20 MEI 2020 – mediaverklaring

 

Mediaverklaring: vir onmiddellike vrystelling

Die Melkprodusente-organisasie (MPO) het op Woensdag 20 Mei sy eerste virtuele mediadag via ’n Zoom webinaar aangebied. Dr. Chris van Dijk, uitvoerende hoof van die MPO, het die deelnemers verwelkom, en Philip Swart, bestuurder van MPO lededienste, het opgetree as program-koördineerder en die huisreëls vir die virtuele sessie verduidelik.

Die MPO gedurende die COVID-19-grendeltyd

Dr. Van Dijk het ’n kort oorsig gebied oor die MPO se inisiatiewe en aktiwiteite afgesien van die normale daaglikse verpligtinge gedurende die COVID-19-pandemie en die gevolglike inperkingstyd. Die MPO deel inligting met die Nasionale Melkprodusentefederasie, die Internasionale Suiwelfederasie, Dairy Australia, en Dairy New Zealand. Hy het die deelnemers verseker dat die suiwelgemeenskap steeds daaraan toegewy is om die veilige, gesonde en heerlike produkte te produseer waaraan verbruikers gewoond is.

As ’n noodsaaklike diens ingevolge die grendeltydregulasies maak die MPO deel uit van die Minister van Landbou se taakspan en die Agri SA taakspan wat die stem verteenwoordig van die melkbedryf, wat toesien dat permitte uitgereik word en wat ononderbroke vervoer van produkte en beeste verseker. Die MPO help via ons verskillende kommunikasieplatforms met die toepassing van COVID-19-protokol op plase, ondersteun navorsings- en ontwikkelingsprogramme, en deel COVID-19-verwante inligting, asook inligting oor die voordele van melk.

Turbo-aangejaagde markseine is die sleutel tot sukses

Bertus van Heerden, hoofekonoom van die MPO, het ’n ekonomiese oorsig oor die suiwelbedryf gebied en gesê die die primêre landbou bly ’n beleggersklas bate. Hy het gekyk na internasionale kommoditeitsprysbepaling en ’n uiteensetting gegee van die melkbedryfkonteks te midde van die Suid-Afrikaanse ekonomie.

Volgens Van Heerden sal die MPO se ekonomiese lessenaar fokus op die optimering van die vloei van inligting regdeur die suiwelwaardeketting, asook die bekendstelling van die kwaliteite van melk ten einde die mark te laat groei in ooreenstemming met die vraagelastisiteit van die produk. Die MPO doen ook voorspraak vir die beweging van voorraad gedurende die komende paar maande.

Die MPO Nedbank Rentmeesterskap-toekennings

Barbara Bieldt, bestuurder van reguleringsdienste en rentmeesterskap, het ’n aanbieding gedoen oor die jaarlikse Rentmeesterskap-toekennings. Rolspelers in die bedryf word uitgenooi om nominasies in te dien vir die MPO Nedbank Rentmeesterskap-toekennings 2020 in samewerking met die Wêreldnatuurfonds (WWF) en The Dairy Mail. Indien u weet van ’n melkboer wat die toonbeeld is van ’n goeie suiwel-rentmeester, nomineer hom of haar in die vierde jaarlikse kompetisie vir Rentmeesterskap-toekennings. Die wenner en naaswenner sal aangekondig word by die jaarlikse MPO-galageleentheid op 4 November. Nedbank borg pryse ter waarde van R80 000: R40 000 vir die wenner, R30 000 vir die naaswenner, en R10 000 vir die derde plek vir besteding op die plaas ten einde rentmeesterskap-doelwitte te bereik.

Wêreldmelkdag 2020

Wêreldmelkdag vestig die aandag op melk en melkprodukte en bring hulde aan ’n produk wat soveel meer is as net die som van sy voedingstowwe. Dit is ’n hoogtepunt op die MPO se kalender en word rondom 1 Junie met verskeie geleenthede gevier. Die MPO maak van hierdie geleentheid gebruik om erkenning te gee aan ons melkboere wat dikwels onder moeilike omstandighede ’n veeldoelige, gesonde en voedsame produk produseer en so ’n belangrike bydrae lewer tot Suid-Afrika se voedselsekuriteit en die Suid-Afrikaanse ekonomie. Vanjaar doen die MPO dinge ’n bietjie anders vanweë die COVID-19-pandemie en die inperkingsmaatreëls wat van krag is. In noue samewerking met Melk SA se Verbruikersopvoedingsprojek sal die MPO gasheer speel vir ’n aantal virtuele aktiwiteite, waarvan sommige reeds op sosiale media geloods is onder #SAlovesmilk.

Kennis is mag

Helene Pheiffer, bestuurder van die MPO Opleidingsinstituut, het inligting verskaf oor die aanlynkursusse wat gedurende die grendeltyd sal plaasvind. Die MPO-Instituut se eerste aanlyn Zoom-opleiding handel oor die biosekuriteit-bestuursprogram en sal deur dr. Chris van Dijk aangebied word. Daar sal twee sessies wees: op 18 en 19 Junie en weer op 6 en 7 Julie.

Die MPO Instituut het ook ’n aanlynleerplatform vir boere en plaaswerkers ontwikkel en die eerste aanlynkursus, gebaseer op die grootmaak van kalwers en verse, voeding en gesondheidsorgprogramme, word in Julie geloods. ’n Aanlynplatform kan nie die waarde van persoon-tot-persoon- of plaasopleiding repliseer nie, maar dit kan nuwe ervarings en vaardighede skep vir ’n mengsel van opleidingsgeleenthede.

In opvolging van die sukses van die sensoriese suiwelevaluasiekursus wat vroeër vanjaar op Elsenburg aangebied is, sal die MPO-Instituut ook op 24 Julie ’n twee uur lange webinaar aanbied oor die sensoriese evaluasie van kaas.

Dairymail-app.co.za

Die Dairy Mail-span ondersoek reeds geruime tyd verskeie platforms om hul digitale strategie te ontwikkel en hul aanbod van gedrukte en digitale produkte te integreer. Die bekendstelling van The Dairy Mail se progressiewe webtoepassing is net die volgende stap in hul reis na bemarkingsoutomatisering, en sal op ’n baie meer doeltreffende wyse die weg open vir bemarking aan die regte gehoor op die regte tyd.

Die huidige beperkende omstandighede het hul ontwikkelingsfase baie sterk versnel, en die ontwikkelingspan het letterlik binne 40 grendeldae die toepassing gebou en die Mei-uitgawe daarin gepubliseer. Die doel is om die leser se ervaring te verryk deur die gebruik van kunsmatige intelligensie.

Samevattende opmerkings deur die nasionale voorsitter van die MPO

“Dankie vir die positiewe publisiteit wat die boerderygemeenskap ontvang op Facebook, Twitter en selfs in die nuus. Die MPO en melkboere is dankbaar vir die fokus en klem op positiewe nuus. Die nuwe toepassing is gebruikersvriendelik en die opleiding gaan mense makliker toegang gee om hul opleiding uit te brei en hul vaardighede te slyp,” het Colin Wellbeloved gesê.

“Deur Wêreldmelkdag moedig ons verbruikers aan om ons produk bo ander te kies wat voedingswaarde betref. Melk is ook goeie waarde vir geld. Projek een is ’n fantastiese inisiatief, en ons bedank almal vir die grootse poging van koördinering tussen boere en verwerkers ten einde ons produk te stuur na diegene wat dit die nodigste het. Wat die ekonomiese perspektief betref, kom ons berei ons voor vir die ergste en hoop dat dit nooit ’n werklikheid sal word nie.”

Uitgereik namens die MPO

Published on Wednesday, 27th May 2020 - 10:15

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer