HUIDIGE SUIWELMARKTOESTANDE: ENKELE WAARNEMINGS

MPO AANWYSER 4/22 JUNIE 2021

 

Totale melkaanbod

Om die totale melkaanbod te bereken moet die ingevoerde en uitgevoerde suiwelprodukte omgereken word tot melk-ekwivalente liters. Die berekeningsmetodologie wat die MPO en SAMPRO gebruik, verskil daarin dat die MPO verkope aan ander lande van die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (Botswana, Lesotho, Namibië en Eswatini) insluit as deel van ons uitvoerkompleks. Die vergelyking wat gebruik word, is: onverwerkte melk plus invoere minus uitvoere.

Die onderstaande grafiek toon ’n tydreeks van Januarie 2017 tot April 2021. Die bronne van die data is Melk Suid-Afrika en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) soos voorsien deur Agri Inspec. Die SAID-data is een maand agter, dit wil sê die data vir Mei 2021 sal beskikbaar wees op die laaste werksdag van Junie 2021 om 15:00.

Uit Figuur 1 blyk dit duidelik dat die totale melkaanbod vir die jaar tot op datum in 2021 aansienlik verskil van dié van die ander vier jaar wat op die grafiek aangedui word.

Die kumulatiewe totale melkaanbod vir April 2021 was 14,6% minder as in 2020, en 12,8% minder as in 2019. Die faktore wat tot hierdie verskynsel bygedra het, was ’n mengsel van groei in uitvoere van 10,4% en 26,2% onderskeidelik oor dieselfde tydperk in 2020 en 2019, en laer produksie van onverwerkte melk (−3,65%) vir die eerste vier maande van 2021 in vergelyking met dieselfde tydperk in 2020. Invoere gedurende die eerste vier maande van 2021 was slegs 2,5% hoër as in 2020.

Figuur 1 Totale melkaanbod

Die verskil in totale melkaanbod vir die eerste vier maande van 2021, vergeleke met dieselfde tydperk in 2020, was 150 miljoen liter. Dit is moontlik om die laer melkaanbod aan te vul met genoegsame marges vir melkboere wat die produksie van onverwerkte melk sal stimuleer. Die beskouing wat daaruit voortspruit, is dat die suiwelmark tans uit balans is, selfs indien die verbruikersvraag onder druk verkeer.

Wat is die jongste aanduidings betreffende suiwelverbruik op kleinhandelvlak?

Die tendense in die kleinhandelsverkope van suiwelprodukte tot en met die Maart 2021-verslag is geproduseer deur die SAMPRO-kantoor en maak deel uit van SAMPRO se bedryfsinligtingprojek. Die verslag is gebaseer op inligting wat ontvang is van NielsenIQ en dek die verkope van nege suiwelprodukte. NielsenIQ voorsien inligting gebaseer op maandelikse opnames van die kleinhandelsverkope van melk en ander suiwelprodukte. NielsenIQ se opnames met betrekking tot UHT-verwerkte melk, gegeurde melk, jogurt, maas en vooraf-verpakte kaas dek die kleinhandelsverkope in die volgende tipes winkels: groot winkels (hipermarkte en ’n gedefinieerde groep supermarkte, naamlik Shoprite, Checkers, Pick ’n Pay Supers, Pick ’n Pay Family, Superspar, en Woolworths (voedsel)), geriefswinkels (handelsmerk-superettes naamlik Kwikspar, OK Foods, Sentra, Pick ’n Pay mini, Score, Shield (Retail), Friendly’s, 7-Eleven, en Forecourts), Urban Counter, en selfdien- en onafhanklike landelike winkels. In die geval van vars melk, room, botter en roomkaas dek NielsenIQ se opnames slegs ‘groot winkels’.

Let daarop dat NielsenIQ hul kriteria verander het en die monstergrootte en inligting in die jongste verslag van SAMPRO sal verskil van die inligting wat opgeneem is met betrekking tot die kleinhandelsverkope tot Desember 2020, en soos vervat in vorige SAMPRO-verslae. Nie-kleinhandelsverkope, byvoorbeeld aan groothandelaars en industriële kopers, wat ’n aansienlike deel uitmaak van die totale verkope van suiwelprodukte, is nie deel van die NielsenIQ opnames nie.

Tabel 1 Veranderinge in die hoeveelhede van kleinhandelverkope van spesifieke suiwelprodukte

PRODUK Verkope in die

maand

Maart 2021

teenoor verkope in die

maand

Maart 2020

Verkope in die

3 maande van Januarie 2021 tot

Maart 2021

teenoor

verkope in die

3 maande van

Januarie 2020 tot

Maart 2020

Verkope in die

6 maande van Oktober 2020 tot Maart 2021

teenoor verkope in die

6 maande van

Oktober 2019 tot Maart 2020

Verkope in die

9 maande van

Julie 2020 tot Maart 2021

teenoor

verkope in die

9 maande van

Julie 2019 tot Maart 2020

Verkope in die

12 maande van

April 2020 tot

Maart 2021

teenoor verkope in die

12 maande van

April 2019 tot

Maart 2020

% % % % %
Vars melk −11,8 −8,2 −8,7 −8,8 −8,8
UHT verwerkte melk −18,8 −4,8 −0,2 2,6 5,5
Gegeurde melk 2,2 0,3 −3,6 −6,8 −8,6
Jogurt −5,9 −0,9 2,5 3,9 7,2
Maas 11,4 3,4 −0,1 0,7 2,5
Vooraf-verpakte kaas −6,6 −1,0 4,3 6,1 9,9
Roomkaas −6,9 −1,3 −0,9 −0,8 1,9
Botter −3,4 8,8 5,1 7,4 10,2
Room 3,9 11,4 9,5 11,1 13,8

Met die eerste blik op Tabel 1 skep die talle rooi waardes, wat dui op dalende verkoopsvolumes van die gemoniteerde suiwelprodukte, ’n mate van ongemak en senuagtigheid betreffende ’n daling in verbruik op verbruikersvlak. Die val in die verkope van UHT-verwerkte melk in Maart 2021 vergeleke met Maart 2020 is skrikwekkend. Maart 2020 was egter ’n abnormale maand vanweë die onsekerheid wat deur die pandemie geskep is en die opbou na die streng grendeltyd. Die figure hieronder bied perspektief.

Figuur 2 UHT-verwerkte melk gemiddelde daaglikse verkope en gemiddelde prys

Figuur 3 Jogurt gemiddelde daaglikse verkope en gemiddelde prys

Figuur 4 Vooraf-verpakte kaas gemiddelde daaglikse verkope en gemiddelde prys

Figuur 5 Maas gemiddelde daaglikse verkope en gemiddelde prys

Die veranderinge in verkoopshoeveelheid, wanneer langer tydreekse vergelyk word, bied ’n ander prentjie weens die verwatering van die uiterste effekte van Maart 2020.

Nietemin het verkoopsvolumes afgeneem, maar aan die ander kant het verkope van ander suiwelprodukte (bv. mozzarellakaas) – wat feitlik tot stilstand gekom het weens die sluiting van kitskosplekke gedurende sommige vlakke van die grendeltyd, verbeter.

Tabel 2 Die gemiddelde kleinhandelpryse van spesifieke suiwelprodukte in Maart 2021, vergeleke met die gemiddelde kleinhandelpryse van die betrokke produkte in spesifieke vorige maande van 2020 en 2019

 

 

PRODUK

Maart 2021 teenoor

Februarie 2021

 

(1 maand gelede)

Maart 2021 teenoor

Desember 2020

 

(3 maande gelede)

Maart 2021 teenoor

September 2020

(6 maande gelede)

Maart 2021 teenoor

Junie 2020

 

(9 maande gelede)

Maart 2021

teenoor

Maart 2020

 

(12 maande gelede)

Maart 2021 teenoor

September 2019

(18 maande gelede)

Maart 2021 teenoor

Maart 2019

 

(24 maande gelede)

% % % % % % %
Vars melk 2,0 3,0 4,3 3,5 4,6 6,8 10,2
UHT-verwerkte melk −0,3 −0,3 −0,4 −0,6 4,8 3,7 11,9
Gegeurde melk −0,1 −1,5 0,2 −2,0 2,0 1,6 6,3
Jogurt −0,1 3,5 2,7 4,8 3,5 5,0 4,5
Maas 0,2 3,9 4,8 3,6 2,8 6,4 7,1
Vooraf-verpakte kaas 0,3 −1,0 1,2 0,9 3,5 5,7 5,0
Roomkaas 5,7 3,8 7,7 7,5 12,5 17,0 19,3
Botter 0,7 −3,2 −2,0 −1,5 −3,1 6,0 6,9
Room −0,04 −1,7 1,1 1,0 1,2 3,5 9,9

Tabel 2 gee ’n aanduiding van veranderinge in kleinhandelpryse vir spesifieke suiwelprodukte. Die verskillende intervalle wat gebruik is in die inligting soos voorsien deur NielsenIQ, en die gevolglike persentasie verandering, moet verder ontleed word. Om te illustreer hoe moeilik dit is om die persentasie veranderinge op sigwaarde te neem, sal Figuur 2 verder ontleed word. Figuur 2 handel onder meer oor die gemiddelde pryse van UHT-verwerkte melk. Tendenslyn AB op die grafiek toon ’n styl opwaartse helling as gevolg van ’n sterk toename in die prys van UHT-verwerkte melk van Maart 2020 tot Augustus 2020. Daarna het die prys vir vier maande gedaal, vir twee maande gestyg, en toe sywaarts beweeg om die tendenslyn CD te skep. Afhangende van watter interval gebruik word, kan die effek van tendenslyn AB verloor word en slegs die gebeure wat deur tendenslyn CD weerspieël word, weergegee word. Hierdie voorbeeld word gebruik om die kompleksiteite van dataontleding en die gevare van ’n oorsimplistiese benadering te toon.

Die ekonomiese lessenaar van die MPO waarsku reeds geruime tyd oor die druk op verbruikersbesteding as gevolg van die swak prestasie van Suid-Afrika se bruto binnelandse produk, gepaard met die uitwerking van die pandemie op huishoudelike inkomste. Die jongste NielsenIQ inligting bied egter nie oortuigende bewyse dat dit gebeur het nie. ’n Omsigtige benadering is nietemin noodsaaklik regdeur die waardeketting.

Marktoestande in die melkbedryf kan oor die kort termyn verander (bv. grootskaalse invoere kan hier aanland), en dus sou dit wys wees vir melkboere om te produseer in ooreenstemming met hul kontrak met die betrokke verwerker.

Bertus van Heerden, hoof-ekonoom, Melkprodusente-organisasie (MPO)

Laai die MPO Aanwyser 4 22 Junie 2021 hier af

Published on Wednesday, 23rd June 2021 - 08:26

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer