ENT IN TEEN SLENKDALKOORS

 

Dit is nie eers nodig om die belangrikheid van Slenkdalkoors (SDK) te beskryf nie. Meeste vee-eienaars  (ja, ons praat van ALLE vee-eienaars) moet teen SDK inent,  omdat SDK-virus nie diskrimineer teen watter spesie dit aansteek nie, alhoewel die verloop van die siekte mag verskil. Skape word die ergste aangetas, maar bokke, beeste en selfs buffels kan die siekte opdoen. Die ergste van alles is dat SDK ‘n soönose is, wat beteken dat mense besmet kan raak, hoofsaaklik wanneer hulle siek of dooie diere hanteer. ‘n Paar jaar gelede het ‘n jong Staatsveearts in die Oos-Kaap weens SDK gesterf. Dit beklemtoon dat SDK ‘n ernstige en aanmeldbare siekte is.

Die laaste geval van SDK in Suid-Afrika was gerapporteer in Mei 2018, te Jacobsdal in die Vrystaat.

Gedurende die afgelope paar maande, het ons goeie nuus vanaf die Colombia Universiteit se El Nino, LA Nina Suidelike Ossilasie- (ENSO)- navorsingsprogram ontvang, waar hulle ‘n sterk La Nina-verskynsel deur ons reënseisoen met neutrale seetemperature gedurende die komende winter voorspel. Ons het alreeds die vreugde van goeie reënval oor groot gebiede van die land ontvang. Die Vrystaat is veral nat met geil weidings. Hierdie toestande is ideaal vir vloede en die totstandkoming van panne water waarin Aedes muskiete, wat dien as reservoirs en draers van die SDK-virus, uitbroei en vermeerder.

Die enigste manier om die siekteverspreiding en besmetting van lewende hawe te voorkom, is om diere in te ent teen SDK en om muskietbyte te verhoed deur produkte te gebruik wat geregistreer is vir die beheer van muskiete (gewoonlik dippe, sproeie en opgietmiddels wat deltametrien bevat). Vanselfsprekend is jaarlikse inenting teen die siekte die effektiefste en maklikste roete om uitbreke te voorkom. Onderstepoort Biologiese Produkte vervaardig tans twee entstowwe:

  1. OBP Lewende SDK entstof wat die Smithburn-stam bevat. Alhoewel daar geglo word dat hierdie entstof ‘n langer periode van beskerming bied, word dit sterk aanbeveel dat jaarlikse inenting geskied. Moenie die entstof tydens SDK-uitbreke gee nie, aangesien rekombinasie met die veldstam kan geskied en die uitbreek vererger! Hierdie entstof moet nie vir dragtige diere gegee word nie.
  2. OBP geïnaktiveerde SDK entstof, wat ‘n jaarlikse inenting benodig en veilig is om in dragtige diere te gebruik. As diere die eerste keer ingeënt word, word twee dosisse ses weke uitmekaar gegee, wat die inenting duurder en meer arbeidsintensief maak.

Onder ideale omstandighede moes die entstof reeds in die vroeë lente toegedien gewees het, maar dit is nog nie te laat nie. Tyd vir toediening is nou egter van die grootste belang, aangesien die meeste uitbreke in die middel- en laatsomer plaasvind.

Bewys jouself en die land ‘n guns in 2021 deur jou lewendehawe so gou as moontlik in te ent.

‘n Boodskap van die Nasionale Dieregesondheidsforum en die Afrivet tegniese span wat ‘n borg is van die NDGF.

7 Januarie 2021

Laai die Afrivet persverklaring oor Slenkdalkoors hier af

 

Published on Friday, 22nd January 2021 - 10:00

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer