DIE SNY VAN WINTERPREMIES KAN NOODLOTTIG WEES VIR DIE PRODUKSIE VAN ONVERWERKTE MELK IN 2021 EN 2022

 

MPO AANWYSER 5/2 JULIE 2021

Graanpryse

Die gemiddelde koste van gekonsentreerde voer (70% geelmielies en 30% soja) in 2018 was R2 913/ton. In 2019 was dit R3 489/ton, in 2020 was dit R4 193, en die gemiddeld vir die eerste ses maande van 2021 was R4 814/ton. Die persentasie styging van 2018 tot 2021 (jaar tot op datum) is 65%. Die grafiek hieronder weerspieël pryse van Januarie 2019 tot Maart 2022. Die pryse vir Julie 2021 tot Maart 2022 is die merk-tot-mark- (MTM) pryse vir die onderskeie termynkontrakte van geelmielies en soja op die Johannesburgse Effektebeurs (JSE).

Figuur 1 Voerkoste (70% geelmielies en 30% soja), JSE MTM-pryse op 29 Junie 2021

Hierdie vinnige styging in konsentraatpryse het voorgekom in dieselfde tydperk waarin plaashekpryse vir onverwerkte melk met 18% in 2018 gedaal het en toe op lae vlakke bly vassteek het gedurende 2019 en 2020. Hierdie situasie was verantwoordelik vir die huidige laer produksie van onverwerkte melk. Dit was eers in Januarie 2021 dat die plaashekprys vir onverwerkte melk kon inhaal by die koers van prysstygings in die sekondêre en tersiêre markte. Maar in die tydperk 2018 tot 2020 is die skade gedoen aan die primêre melkbedryf.

Oor die tydperk Januarie 2018 tot Mei 2021 het die VAB-prys van ureum (die hoofbron van stikstof wat gebruik word in die produksie van kontantgewasse en weidings) gestyg van R2 765/ton tot R4 900/ton, ’n persentasie styging van 77%. Suid-Afrika voer 59% van binnelandse ureumverbruik in. Die grafiek hieronder illustreer die verskillende prysvlakke van ureum oor die tydperk. Die prys het in Februarie 2021 gepiek teen R5 373/ton.

Figuur 2 Ureum VAB-prys; bron: Bloomberg

Die prys hierbo sluit vrag- en versekeringskoste uit. Die volgende grafiek toon vragkoste.

Figuur 3 Baltiese Droë Indeks; bron: Bloomberg

Die Baltiese Droë Indeks weerspieël die koste om droë kommoditeite soos graan en bemestingstowwe te verskeep. Dit is duidelik dat hierdie koste tans ’n rekord-hoogtepunt bereik het. Hierdie rekord-koste sal lei tot dramatiese verdere stygings in die koste van gelande ureum.

Bogenoemde is hoofsaaklik te wyte aan die nasleep van die wêreldwye harde grendeltyd in 2020. In daardie tyd is produksie-uitsette en logistieke kapasiteit verloor. Die wêreld probeer nou inhaal en in dié proses het baie kommoditeitspryse, vervoerkoste en produkpryse hemelhoog gestyg.

Marktoestande kan oor die kort termyn verander, maar dit sou wys wees vir kopers van onverwerkte melk om noukeurig aandag te gee aan hul posisie met betrekking tot winterpremies.

Indien graanpryse byvoorbeeld op die huidige vlakke bly soos geregistreer op die JSE kommoditeitsmark, terwyl die gemiddelde produsenteprys verlaag word van die huidige vlak (R5,97/liter) tot R5,67 (d.w.s. met 30 sent) weens winterpremies wat wegval, sal die melkprys-tot- voerprys-verhouding in Julie 2021 val tot onder 1.3:1, wat ’n negatiewe uitwerking sal hê op die produksie van onverwerkte melk.

 

Bertus van Heerden, hoof-ekonoom, Melkprodusente-organisasie (MPO)

Laai die MPO Aanwyser 5 van 2 Julie 2021 hier af

Published on Friday, 2nd July 2021 - 17:27

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer