DIE EFFEK VAN DIE NUWE INKOMSTEPLAFON deur Christo Bester

Tesame met die nuwe nasionale minimumloon wat op 1 Maart 2021 in werking getree het, moet werkgewers ook kennis neem van die verhoogde jaarlikse inkomsteplafon wat geïmplementeer is. Die vorige inkomsteplafon is sedert 1 Julie 2014 in werking en is nou verhoog vanaf R205 433,30 tot R211 596,30. Die inkomsteplafon het ’n effek op die bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (75 van 1997), die Wet op Arbeidsverhoudinge (66 van 1995) en die Wet op Billike Werksgeleenthede (55 van 1998).

WAT IS VERDIENSTE (INKOMSTE)?

‘Verdienste’ beteken ’n werknemer se gereelde jaarlikse vergoeding voor aftrekkings (byvoorbeeld inkomstebelasting, pensioenfondsbydraes, mediesefondsbydraes en soortgelyke betalings), maar sluit uit enige bydraes in wat deur die werkgewer ten opsigte van die werknemer gemaak word. Verblyf- en vervoertoelaes wat ontvang word, prestasietoekennings en betalings vir oortyd gewerk, word ook uitgesluit uit die bestek van vergoeding.

WET OP BASIES DIENSVOORWAARDES (WBDV)

Ingevolge die WBDV word werknemers wat bo die inkomsteplafon verdien, uitgesluit uit die bepalings wat die normale werksure, oortyd, saamgeperste werksweke, gemiddelde werksure, etensure, daaglikse en weeklikse rusperiodes, Sondagbetaling, betaling vir nagwerk en betaling vir werk op openbare vakansiedae reguleer. Dit beteken dat die regulering van voorgenoemde onderling ooreengekom moet word en nie deur die WBDV gereguleer sal word, soos in die geval van werknemers wat onder die inkomsteplafon verdien nie.

WET OP ARBEIDSVERHOUDINGE (WAV)

Ingevolge die WAV is werknemers wat bo die inkomsteplafon verdien, nie onderhewig aan die bepaling dat werknemers wat deur ’n tydelike werkverskaffingsdiens of arbeidsmakelaar aangestel word, geag word as werknemers van die werkgewer of kliënt vir doeleindes van die WAV nie. Daarbenewens val werknemers wat bo die inkomsteplafon verdien, buite die bestek van die bepalings wat verband hou met werknemers op ’n vaste termyn wat geag word as permanente indiensname ná drie maande (in die afwesigheid van ’n regverdigbare rede vir die vasstelling van ’n vaste termyn).

WET OP BILLIKE WERKSGELEENTHEDE (WBW)

’n Werknemer wat bo die inkomsteplafon verdien en ’n dispuut het kragtens Hoofstuk II wat verband hou met onregverdige diskriminasie, kan nie die dispuut na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA of ‘CCMA’) verwys nie. So ’n werknemer is verplig om die dispuut direk na die Arbeidshof te verwys vir beslegting (tensy die dispuut verband hou met beweerde onregverdige diskriminasie op grond van seksuele teistering, of indien die partye almal tot arbitrasie instem).

Dit is uiters belangrik vir elke werkgewer om te bepaal watter werknemers bo die inkomsteplafon verdien en watter werknemers onder die inkomsteplafon verdien, aangesien dit ’n groot impak het op die bepalings en voorwaardes van indiensname waarop die werkgewer en werknemer kan ooreenkom. Werkgewers moet ingelig en op hoogte bly van arbeidswetgewing ten einde proaktief te kan optree om hul regte, asook die plaas, te beskerm met verwysing na die diensverhouding vorentoe.

Published on Tuesday, 30th March 2021 - 13:38

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer