Werkgewers vaar deur onbekende waters sedert die nasionale inperkingstydperk afgekondig is einde Maart 2020. Die inperkingstydperk is geïmplementeer om die verspreiding van die COVID-19 virus hok te slaan en tyd te wen om die kapasiteit van Suid-Afrika se gesondheidstelsel voor te berei om COVID-19 gevalle te kan akkommodeer.
Met die daaropvolgende verskillende vlakke van waaksaamheid wat geïmplementeer word, mag meer besighede op verskillende kapasiteitsvlakke besigheid doen en mense se bewegings word minder beperk. Dit hou verband met ‘n verhoogde risiko van infeksie. Som-mige werknemers sal COVID-19 simptome toon en/of postief toets. Werkgewers moet verseker dat hierdie gevalle bestuur word in lyn met die vereistes gestel deur arbeidswetgewing en Staatskennisgewings ten opsigte van COVID-19 beroepsgesondheid en -veiligheidsmaatreëls.
BETAALDE SIEKVERLOF
Die Gesondheid- en Veiligheidsdirektief wat op 28 April 2020 uitgereik is, bepaal dat wanneer ‘n werknemer die werkgewer inlig van, of COVID-19 simptome toon, die werknemer op siekverlof geplaas moet word in terme van Artikel 22 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes. Die werknemer moet dan getoets word vir die virus en ‘n mediese sertifikaat aan die werkgewer voorsien:
BETAALDE SIEKVERLOF IS UITGEPUT
In terme van die direktief mag ‘n werknemer WVF “siektevoordele” eis in terme van die COVID-19 TERS direktief wat op 25 Maart 2020 (klousule 4) uitgereik is. COVID-19 TERS eise was oorspronklik bedoel vir ‘n 14-dag periode van ooreengekome selfkwarantyn as ‘n voorsorgmaatreël, maar maak nou voorsiening vir die 14-dag kwarantynperiode om verleng te word, mits ‘n mediese sertifikaat die voortdurende siekte bevestig.
COIDA EN SIEKVERLOF
Wanneer ‘n werknemer COVID-19 opdoen as gevolg van beroepsblootstelling, sal die siekverlof nie as normale siekverlofdae geag word nie, maar as spesiale siekverlofdae. Die werkgewer moet ‘n eis indien vir vergoeding in terme van die Wet op Vergoeding van Beroepsbeserings en –siektes (COIDA). Ingevolge COIDA sal die Vergoedingsfonds ‘n betaling doen vir totale tydelike ongeskiktheid vir so lank as wat die werknemer siek afgeboek is, maar nie vir ‘n periode langer as 30 dae nie.
Werkgewers het ‘n verpligting om ‘n veilige en gesonde werksomgewing te skep en in stand te hou en moet ‘n infeksiebeheerplan implementeer in die werkplek volgens ‘n gesondheid- en veiligheidsrisiko assessering.
Published on Friday, 12th June 2020 - 10:23
disclaimer
Cookie | Duration | Description |
---|---|---|
cookielawinfo-checkbox-analytics | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Analytics". |
cookielawinfo-checkbox-functional | 11 months | The cookie is set by GDPR cookie consent to record the user consent for the cookies in the category "Functional". |
cookielawinfo-checkbox-necessary | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookies is used to store the user consent for the cookies in the category "Necessary". |
cookielawinfo-checkbox-others | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Other. |
cookielawinfo-checkbox-performance | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Performance". |
viewed_cookie_policy | 11 months | The cookie is set by the GDPR Cookie Consent plugin and is used to store whether or not user has consented to the use of cookies. It does not store any personal data. |