Andrew Morphew van Colbourne Farm in die Howick-distrik in Kwazulu-Natal is op Dinsdag 19 Oktober aangewys as die wenner van die gesogte MPO Nedbank Rentmeesterskap-toekenning. Die egpaar Simon en Stacey Miller van Sherwood Farm by Mooirivier, KwaZulu-Natal, het tweede gekom, met Jake Crowther van Oakhurst Farm by Hoekwil in die Wes-Kaap in die derde plek. Hul pryse, geborg deur Nedbank, is onderskeidelik R40 000, R30 000 en R10 000, wat bestee moet word om rentmeesterskap-doelwitte op hul plase te bereik.
Volhoubare melkboerdery verg voortdurende hersiening van die spelreëls om te kan bybly met vinnig veranderende tegnologie, die uitdagings van klimaatsverandering, en toenemende eise van die kant van die regering, die gemeenskap en die verbruikers. Om deurlopend op uitnemende wyse aan hierdie verwagtings te kan voldoen is ’n formidabele taak. Om hierdie rede gee die MPO in vennootskap met Nedbank jaarliks erkenning aan uitmuntende melkboerdery-rentmeesters deur middel van die MPO Nedbank Rentemeesterskap-toekennings in samewerking met die Wêreldnatuurfonds (WWF) en The Dairy Mail.
Melkboere wat deur rolspelers in die bedryf genomineer word, moet die volgende doen:
Die genomineerdes is versoek om die MPO 3P metrieke rentmeesterskap-opname te voltooi; dit maak die elektroniese komponent van die evaluering uit. Die drie finaliste is bepaal deur die tellings wat uit die vraelys verkry is. Die beoordelaarspaneel, bestaande uit dr. Heinz Meissner van Melk SA, Jompie Burger van die Suiwelstandaardagentskap, Sue Viljoen van die WWF, en Barbara Bieldt van die MPO, het ’n verifikasiebesoek aan elke finalis se plaas gebring as ’n laaste stap in die evaluasieproses. Die finale tellings is bereken deur ’n geweegde kombinasie van die punte wat behaal is vir die MPO 3P metrieke opname en tydens die verifikasiebesoeke op die plase.
Barbara Bieldt, Bestuurder: Rentmeesterskap en Reguleringsdienste, het opgemerk: “Die standaard van vanjaar se inskrywings was uitmuntend, en die MPO is geweldig trots op ons uitstekende suiwel-rentmeesters. Hartlike gelukwense aan ons wenners, Andrew, Simon en Stacey, en Jake!”
Morphew en sy bestuurspan Jean Adam en Jorgen Wilkström is deur die beoordelaars beskryf as van topgehalte, en uiters aggressief in die toepassing van die korrekte dissiplines, geesdriftig om te verbeter waar moontlik. Hierdie span is formidabel! Hulle is hoogs bekwaam en boer met die nodige selfvertroue om rasionele besluite in hul eie dissiplines te neem.
Oor die afgelope twee jaar het Morphew sy konvensionele melkplaas omskep tot ’n 100% organiese boerdery, wat merkwaardig is. Hy het hom bemagtig met kennis oor baie onderwerpe wat verband hou met volhoubare melkboerdery, en toon ’n indrukwekkende vlak van insig en begrip van praktyke om grondgesondheid en grondkoolstof op te bou sodat daar nie op chemiese bemesting of insette staatgemaak hoef te word nie. Die bestuur van kuddegesondheid is werklik uitstaande, met ’n uitsonderlike gemiddelde somatieseseltelling. Die noukeurige rekords en die algehele vlak van sindelikheid en higiëne stel ’n baie hoë standaard. “Andrew beskik oor uitsonderlike visie en is ’n waardige wenner,” aldus Bieldt.
Die Millers, wenners van die tweede prys, is toegewyde jong boere. Stacey fokus op die bestuur van kuddegesondheid en Simon op gesonde grond en optimale weidingsbestuur. Hul fokus op die herstel en instandhouding van vleilande en die skep van natuurlike bewegingskorridors vir wild, asook voorsiening van voer aan wildvoëls is inspirerend. Die Millers is geesdriftig en passievol, en daarop toegespits om alle aspekte van hul boerderyonderneming te verbeter. Die beoordelaars is opgewonde om te sien wat die uitwerking van beplande ontwikkelings in die toekoms op Sherwood Farm gaan wees!
Jake Crowther, wenner van die derde plek, is ’n proaktiewe boer, oop vir voorstelle en insette, wat werklik sy heel beste wil doen om die rentmeesterskap van sy hulpbronne te verbeter en om so volhoubaar as moontlik te boer. Crowther se boerdery-onderneming word goed bestuur en hy benut alle geleenthede om sy boerdery-aktiwiteite te diversifiseer. Die insluiting van agri-toerisme op sy plaas deur die herbenutting van vervalle plaasgeboue om te dien as vakansie-akkommodasie is nie net innoverend nie, maar skep ook werksgeleenthede en ondersteun die gemeenskap.
Vind die MPO aanlyn:
Webtuiste: www.mpo.com | www.nedbank.co.za/business | Facebook: www.facebook.com/MilkProducersSA |Twitter: @MilkMpo
Vir verdere inligting:
Barbara Bieldt: Rentmeesterskap en Reguleringsdienste | barbara@mpo.co.za | Sel: 083 235 2629
Uitgereik deur AgriConnect
Published on Wednesday, 20th October 2021 - 16:18
disclaimer
Cookie | Duration | Description |
---|---|---|
cookielawinfo-checkbox-analytics | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Analytics". |
cookielawinfo-checkbox-functional | 11 months | The cookie is set by GDPR cookie consent to record the user consent for the cookies in the category "Functional". |
cookielawinfo-checkbox-necessary | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookies is used to store the user consent for the cookies in the category "Necessary". |
cookielawinfo-checkbox-others | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Other. |
cookielawinfo-checkbox-performance | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Performance". |
viewed_cookie_policy | 11 months | The cookie is set by the GDPR Cookie Consent plugin and is used to store whether or not user has consented to the use of cookies. It does not store any personal data. |