Die landboubedryf beleef voortdurend uitdagings om gekwalifiseerde en ervare jongmense te vind, en tog ervaar pasgegradueerdes in landbou dat dit uiters moeilik is om ʼn eerste werk te bekom. Gooi nou ʼn pandemie soos COVID-19 in die pot, dan groei die uitdagings teen ʼn onrusbarende tempo.
Die bedryf het nou meer as ooit talentvolle en vaardige jongmense nodig, met vars denke en energie. ʼn Goeie begin is dus om gegradueerdes in diens te neem met onder andere internskappe.
WAAR?
Natuurlik by AgriCAREERConnect 2021, vanjaar van 19–21 Oktober. Dis ʼn unieke loopbaanskou waar maatskappye en bedryfsorganisasies loopbane in die landbou- en voedselbedryf ten toon stel met ʼn video of vooraf opgeneemde voorlegging, en ook interaksie kan hê met gegradueerdes en studente.
AgriCAREERConnect vind weer aanlyn plaas en word aangebied deur ʼn vennootskap tussen Agrijob, Agri Connect en AgriGauteng. Vir die eerste keer betrek AgriCAREERConnect ses universiteite: Pretoria, Stellenbosch, Vrystaat, Noord-Wes, Limpopo, en KwaZuluNatal.
LOOPBANE IN DIE LANDBOUWAARDEKETTING
Die temas oor die drie dae sluit in:
19 Oktober – Tuinboukunde (hortologie) en agronomie (plantproduksie)
20 Oktober – Diereproduksie (veekunde)
21 Oktober – Landbou-ekonomie, finansies, bemarking, groot- en kleinhandel, uitvoerlogistiek,
pakhuise, voedsel- en verbruikerswetenskap, ingenieurswese, bedryfstelsels, inligtingstegnlogie en databestuur
VIR ORGANISASIES OM DEEL TE NEEM
Kies ʼn opsie vir deelname, die koste wissel tussen R5 000, R12 000 en R20 000 (BTW uitgesluit). Maatskappye of bedryfsorganisasies maak ʼn kort en kragtige video en beklemtoon loopbaangeleenthede, en video’s word opgelaai op die AgriTV digitale kanaal vir studente om na te kyk vanaf 12 Oktober.
Studente registreer aanlyn om spesifieke sessies by universiteite by te woon. Maatskappye kry toegang tot die kontakbesonderhede van studente wat registreer. Verteenwoordigers van maatskappye neem deel aan die toepaslike sessie op 19–21 Oktober (vanaf sentrale studio, via Zoom) en bring tien minute deur by elke universiteit in wegbreek-Zoom-sessies om studente se vrae te beantwoord en kommentaar te lewer.
SIEN JOU DAAR
Wat ’n uitstekende geleentheid om die landboubedryf aan jongmense te bemark en ook om interaksie met studente en gegradueerdes te hê! Vir meer inligting, voorlopige programme en besprekingsvorm, besoek www.agrijob.co.za/agricareerconnect.
Kontak MARIANNE VAN DER LAARSE by marianne@agrijob.co.za of 082 388 1000 of ALBERT LOUBSER by albertloubser@outlook.com of 082 562 2188 vir meer inligting.
Published on Friday, 10th September 2021 - 05:02
disclaimer
Cookie | Duration | Description |
---|---|---|
cookielawinfo-checkbox-analytics | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Analytics". |
cookielawinfo-checkbox-functional | 11 months | The cookie is set by GDPR cookie consent to record the user consent for the cookies in the category "Functional". |
cookielawinfo-checkbox-necessary | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookies is used to store the user consent for the cookies in the category "Necessary". |
cookielawinfo-checkbox-others | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Other. |
cookielawinfo-checkbox-performance | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Performance". |
viewed_cookie_policy | 11 months | The cookie is set by the GDPR Cookie Consent plugin and is used to store whether or not user has consented to the use of cookies. It does not store any personal data. |