AgriCAREERConnect: Landbou vry na die jeug op 19–21 Oktober 2021

AgriCareerConnect

Die landboubedryf beleef voortdurend uitdagings om gekwalifiseerde en ervare jongmense te vind, en tog ervaar pasgegradueerdes in landbou dat dit uiters moeilik is om ʼn eerste werk te bekom. Gooi nou ʼn pandemie soos COVID-19 in die pot, dan groei die uitdagings teen ʼn onrusbarende tempo.

Die bedryf het nou meer as ooit talentvolle en vaardige jongmense nodig, met vars denke en energie. ʼn Goeie begin is dus om gegradueerdes in diens te neem met onder andere internskappe.

WAAR?

Natuurlik by AgriCAREERConnect 2021, vanjaar van 19–21 Oktober. Dis ʼn unieke loopbaanskou waar maatskappye en bedryfsorganisasies loopbane in die landbou- en voedselbedryf ten toon stel met ʼn video of vooraf opgeneemde voorlegging, en ook interaksie kan hê met gegradueerdes en studente.

AgriCAREERConnect vind weer aanlyn plaas en word aangebied deur ʼn vennootskap tussen Agrijob, Agri Connect en AgriGauteng. Vir die eerste keer betrek AgriCAREERConnect ses universiteite: Pretoria, Stellenbosch, Vrystaat, Noord-Wes, Limpopo, en KwaZuluNatal.

LOOPBANE IN DIE LANDBOUWAARDEKETTING

Die temas oor die drie dae sluit in:

19 Oktober – Tuinboukunde (hortologie) en agronomie (plantproduksie)

20 Oktober – Diereproduksie (veekunde)

21 Oktober – Landbou-ekonomie, finansies, bemarking, groot- en kleinhandel, uitvoerlogistiek,

pakhuise, voedsel- en verbruikerswetenskap, ingenieurswese, bedryfstelsels, inligtingstegnlogie en databestuur

VIR ORGANISASIES OM DEEL TE NEEM

Kies ʼn opsie vir deelname, die koste wissel tussen R5 000, R12 000 en R20 000 (BTW uitgesluit). Maatskappye of bedryfsorganisasies maak ʼn kort en kragtige video en beklemtoon loopbaangeleenthede, en video’s word opgelaai op die AgriTV digitale kanaal vir studente om na te kyk vanaf 12 Oktober.

Studente registreer aanlyn om spesifieke sessies by universiteite by te woon. Maatskappye kry toegang tot die kontakbesonderhede van studente wat registreer. Verteenwoordigers van maatskappye neem deel aan die toepaslike sessie op 19–21 Oktober (vanaf sentrale studio, via Zoom) en bring tien minute deur by elke universiteit in wegbreek-Zoom-sessies om studente se vrae te beantwoord en kommentaar te lewer.

SIEN JOU DAAR

Wat ’n uitstekende geleentheid om die landboubedryf aan jongmense te bemark en ook om interaksie met studente en gegradueerdes te hê! Vir meer inligting, voorlopige programme en besprekingsvorm, besoek www.agrijob.co.za/agricareerconnect.

Kontak MARIANNE VAN DER LAARSE by marianne@agrijob.co.za of 082 388 1000 of ALBERT LOUBSER by albertloubser@outlook.com of 082 562 2188 vir meer inligting.

Published on Friday, 10th September 2021 - 05:02

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer