The own voice of agriculture

’N EIE STEM VIR DIE LANDBOU

24 Augustus 2021

Persverklaring

Vir onmiddellike vrystelling

Die deel van inligting en kommunikasie met lede, kliënte en rolspelers bepaal die suksesvolle uitvoering van doelwitte en uiteindelik die volhoubaarheid van enige instelling. Alle organisasies, maatskappye en persone kan hul boodskap meer doeltreffend oordra met ’n eie stem. Toegang tot die volle spektrum van media-platforms, met inligting wat goed geformuleer en professioneel aangebied word, is ook belangrik om daardie stem te laat hoor.

Die landbou, soos ander sektore van die ekonomie, het behoefte aan ’n mediaruimte waarin die landbouboodskap oorgedra kan word. Dit was genoeg aansporing vir Agri Gauteng om ’n voertuig, naamlik Agri Voice, daar te stel om uitvoering aan dié doelwit te gee.

Agri Voice is ’n maatskappy sonder winsbejag en word bedryf deur ’n direksie wat bestaan uit dr. Willem Pretorius as voorsitter (tans president van Agri Gauteng), Thina Nodada (’n in- en-uitvoerspesialis en eienaar van Waymaker Solutions), GP van Rheede van Oudtshoorn (’n kommunikasiespesialis, tans verbonde aan die NWU) en voortaan ook ’n verteenwoordiger van die Melkprodusente-organisasie (MPO). Enige landbou-ledeorganisasie kan aansoek doen om lid te word en so deel te wees van ’n diverse stem vir die landbou.

“Agri Voice sal nie net die Suid-Afrikaanse landbou deur middel van die media dien nie, maar ook netwerke bou en skakeling fasiliteer op ’n wyer basis in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG).” – Dr. Willem Pretorius

Die uitvoering van hierdie droom het afgeskop met Agri Gauteng wat die eerste tree gegee het deur Agri TV, ’n aanlyn stroomdiens, tot Agri Voice by te dra. Die tydsberekening van die verkryging van Agri Connect kon nie beter gewees het nie en gee momentum saam met die MPO wat ook as lid aangesluit het en ’n verdere stuiwer in die armbeurs gooi.

“Toekomssukses is afhanklik van die vermoë om by tegnologie betrokke te raak.” – GP van Rheede van Oudtshoorn

Agri Voice en Agri Connect word bestuur deur Albert Loubser as besturende direkteur. Loubser is vertroud met landboumedia en hy word ondersteun deur ’n bekwame en deurwinterde personeelkorps. Die transaksie behels die oorname van Agri Connect as lopende saak en bied nie net ’n ongelooflike groeigeleentheid in die evolusie van media nie, maar het ook toegesien dat alle personeel van beide Agri Connect en Agri TV in die nuwe struktuur geakkommodeer kon word.

“As jy die regte goed doen, dan gebeur die regte goed.” – Albert Loubser

Agri Connect is ’n maatskappy wat die afgelope 26 jaar die uitgewer was van onder andere The Dairy Mail (mondstuk van die MPO), Rooivleis (mondstuk van die Rooivleisprodusente-organisasie, RPO), Wolboer (mondstuk vir die Nasionale Wolkwekersvereniging, NWKV) en Katoen SA (mondstuk vir Katoen SA). As sodanig het Agri Connect verseker dat hierdie bedryfstydskrifte betroubare en gesaghebbende kommunikasievennote in die mediaruimte is.

Die Alfa Lewendehawe-ekspo is nou ook deel van Agri Connect se media-aanbod. Dit voeg ’n ekspo-dimensie toe tot die kollektiewe stem van die landbou. ’n Paar opwindende nuwe inisiatiewe word in die vooruitsig gestel om die mandaat wat deur Agri Voice se direksie gestel is, verder uit te brei.

“Toekomssukses is om ’n wêreldperspektief op jou onderneming te hê.” – Thina Nodada

Landbouers en landbouorganisasies wat deel van Agri Voice is, het op hierdie manier toegang tot die volle spektrum van mediaplatforms om die landbouboodskap oor te dra.

“Die kosbaarste tyd is tyd wat ons spandeer om te dink oor wat ons doen.” – Albert Loubser

Enige navrae kan gerig word aan Albert Loubser by albertloubser@outlook.com.

 

Published on Wednesday, 25th August 2021 - 10:58

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer