’N NUWE TUISTE VIR AGRI CONNECT EN THE DAIRY MAIL

 

Die Melkprodusente-organisasie (MPO) het op Maandag 19 Julie aan MPO-personeel bekend gemaak dat vrugbare gesprekke met ’n nie-winsgewende maatskappy (NPO), Agri Voice, gevoer is. Die MPO sal as volwaardige lid by die NPO aansluit. Die eienaarskap van Agri Connect (PTY) Ltd en The Dairy Mail (Pty) Ltd sal oorgedra word aan Agri Voice wat hierdie entiteite vanaf 1 Augustus 2021 as lopende sake sal bestuur. Dr. Willem Pretorius, GP van Rheede van Oudtshoorn, en Thina Nodada is direkteure van Agri Voice.

Albert Loubser, bestuurder van die TV-kanaal Agri TV is baie bekend aan Agri Connect en die media- en uitgewersbedryf as sodanig, en sê namens die direkteure van Agri Voice dat die tydsberekening nie beter kon gewees het nie. Albei partye is dankbaar vir die proses wat die MPO in staat sal stel om nou op kernbesigheid te konsentreer, terwyl The Dairy Mail as die vlagskip-publikasie van die melkbedryf behou word. Die MPO sal ook toegang hê tot die aanlynvideo-platform van Agri TV wat die mediavoetspoor van die organisasie verder sal uitbrei.

Onderhandelinge oor die transaksie en voorwaardes is nog aan die gang, maar die Agri Connect- en The Dairy Mail-span het met Loubser en Pretorius vergader, en almal is steeds daartoe verbind om ’n ononderbroke volledige pakket media- en uitgewersdienste aan hul kliënte, die MPO, die Rooivleisprodusente-organisasie, die Nasionale Wolkwekersvereniging, Katoen Suid-Afrika en ander landbou-entiteite te lewer.

Fanie Ferreira

Waarnemende uitvoerende hoof, MPO

Published on Friday, 23rd July 2021 - 12:34

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer