Mediate and legal mediation business concept as a businessman or person separating two boxing glove opposing competitors as an arbitration success symbol for finding common interests to lawfully solve a conflict.

DRIE VERNAAMSTE KVBA-PROSESSE EN WAT DIE WERKGEWER MOET WEET deur Christo Bester

 

Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA – beter bekend in Engels as die ‘CCMA’), is gestig as ’n onafhanklike, apolitiese geskilbeslegtingsliggaam ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge (66 van 1995). Die prosesse van die KVBA is daarop gemik om billike arbeidspraktyke te bevorder en arbeidsdispute in die werksplek op te los. ’n Werknemer kan ’n dispuut na die KVBA verwys op grond van ontslag, lone en werksomstandighede, onbillike arbeidspraktyke, werksplek-veranderinge en diskriminasie. Die meeste sake wat na die KVBA verwys word, hou verband met onbillike ontslag.

WANNEER KAN DIE WERKNEMER DIE KVBA NADER?

  • ‘Onbillike ontslag’ – die geskil moet binne 30 dae ná die datum van ontslag by die KVBA ingedien word.
  • ‘Onbillike arbeidspraktyk’ – die geskil moet binne 90 dae ná die onbillike gebeurtenis of binne 90 dae nadat die werknemer van die onbillike arbeidspraktyk bewus geraak het, ingedien word.
  • ‘Diskriminasie’ – die geskil moet binne ses maande by die KVBA ingedien word vir konsiliasie, en indien dit nie daar opgelos word nie, na die Arbeidshof verwys word.

KVBA-PROSESSE: DIE DRIE BASIESE OPSIES

Konsiliasie

Dit is ’n informele proses waar ’n kommissaris aangestel word om binne 30 dae ná die verwysing met die partye in ’n dispuut te vergader en maniere te ondersoek om die dispuut deur onderlinge ooreenkoms te skik. Afsonderlike vergaderings tussen die kommissaris en elke party kan ook gehou word. As die saak geskik word, sal ’n skikkingsooreenkoms onderteken word en die dispuut is afgehandel.

Arbitrasie

Dit is ’n verhoorproses waar die partye die geleentheid het om hulle saak te stel. Tydens die proses moet mondelingse getuienis aangebied word, asook enige ander vorme van bewysmateriaal ter ondersteuning van welke party ook al se saak. Ná afhandeling sal die kommissaris binne 14 dae ’n arbitrasiebevel uitreik. ’n Arbitrasiebevel is bindend en gelykstaande aan ’n hofuitspraak.

Konsiliasie/Arbitrasie (‘Con/Arb’)

Dit is ’n deurlopende proses waar konsiliasie en arbitrasie direk na mekaar volg op dieselfde dag. Indien konsiliasie (skikking) nie bereik word nie, sal daar direk oorgegaan word na arbitrasie. Beide die werknemer en die werkgewer kan beswaar maak teen die deurlopende proses op dieselfde dag. Die deurlopende proses is egter verpligtend in aangeleenthede rakende

  • ontslag om enige rede wat verband hou met ’n proeftydperk;
  • enige onbillike arbeidspraktyk met betrekking tot ’n proeftydperk; en
  • die versuim van enige betaling met betrekking tot die nasionale minimumloon.

WIE KAN N WERKGEWER BY DIE KVBA VERTEENWOORDIG?

Die prosesse van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie kan intimiderend wees en dit is ’n goeie idee om kundige advies te bekom. ’n Werkgewer kan deur enige werknemer of direkteur van die onderneming, of deur ’n ampsdraer of amptenaar van ’n geregistreerde werkgewersorganisasie (soos die LWO) verteenwoordig word. Die enigste tye wanneer ’n regspraktisyn, byvoorbeeld ’n prokureur, tydens die verrigtinge toegelaat sal word, is wanneer

  • die kommissaris en al die ander partye daartoe instem.
  • die kommissaris tot die gevolgtrekking kom dat dit onredelik is om van ’n party te verwag om die geskil sonde.

Published on Monday, 19th July 2021 - 20:05

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer