RIGTINGGEWENDE TERUGVOERING VAN ROLSPELERS STROOM-AF IN DIE WAARDEKETTING

MPO FLITS 4/09 Julie 2021

Markterugvoer vanaf stroomaf-rolspelers (d.w.s. kopers van onverwerkte melk en kleinhandelaars) oor die laer produksie van onverwerkte melk in Mei 2021 (−3,38%) is dat hulle gelukkig is dat produksie laer is, en hulle spreek ook die verwagting uit dat die mark in die komende lente oorstroom sal word. (Let wel: die Mei-persentasie is voorlopig en kan binne die volgende twee maande verander.)

Die rede vir die optimistiese stemming onder die stroom-af rolspelers betreffende die laer produksie van onverwerkte melk is dat die vraag na suiwel gedaal het. Die suiwelbedryf word beskou as ’n markgerigte bedryf, en meer spesifiek as ’n vraaggedrewe bedryf. Die tersiêre bedryf (kleinhandelaars) ontvang seine vanaf die verbruikers (hulle koop bv. minder) en dit word aangegee na die sekondêre bedryf (melkkopers), wat dit weer deurgee na die primêre bedryf (boere). Die sein is gewoonlik ’n verandering in prys, maar dit is meer kompleks as dit weens die verskynsel wat bekend staan as prysoordrag. Daar is verskillende soorte prysoordrag, byvoorbeeld asimmetriese prysoordrag, waar stroomaf-pryse anders reageer as pryse hoër op in die waardeketting. Kom ons volstaan deur te sê dit is ’n dinamiese proses en nie so eenvoudig as wat ’n mens sou dink nie.

Om terug te keer na die terugvoer vanaf die mark: die boodskap is duidelik dat die vraag na suiwelprodukte gedaal het. Dit is belangrik om op te let dat dit die primêre bedryf is wat bepaal of die aanbod markgerig is, dit wil sê in ooreenstemming met die vraag. Die reaksie vanaf die stroomaf-rolspelers betreffende laer produksie van onverwerkte melk in Mei is ’n duidelike boodskap aan melkboere: moenie melkproduksie jaag nie, of dra die gevolge.

Melkboere is nie alleen verantwoordelik vir die aanbodkant nie; invoere is die ander bron van voorsiening. In die lig van die duidelike boodskap vanaf die mark dat die vraag gedaal het, sou ’n mens verwag dat invoere op hierdie boodskap sou reageer. Invoere is per slot van rekening baie meer beheerbaar. Invoere vir die eerste vyf maande van 2021, op ’n volumebasis (kg), is 19% meer as vir dieselfde tydperk in 2020. Die vernaamste bydraers is UHT-verwerkte melk, 240% meer, en wei, 37% meer as verlede jaar. Invoere vir die eerste vyf maande van 2021, op ’n volumebasis (kg), is 8% meer as vir dieselfde tydperk in 2019. Die vernaamste bydraers hiertoe is 87% meer melkpoeier en 25% meer wei.

Dit is vanselfsprekend verontrustend: die vraag ontstaan of die invoerders dieselfde boodskap kry as die boere. Die MPO sal poog om samesprekings te voer met die stroomaf-rolspelers en Melk SA om die situasie te bespreek en te bepaal of dit ’n aanduiding is van ’n mate van markmislukking, en om herstelmaatreëls voor te stel.

Nietemin, dit sal wys wees vir melkboere om nie te melk net omdat hulle kan melk nie. Melk eerder vir ’n toereikende marge en gee aandag aan die terugvoer van die mark, naamlik dat die mark minder melk nodig het as verlede jaar.

 

Bertus van Heerden

Hoof-ekonoom, MPO

Published on Friday, 9th July 2021 - 16:31

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer