Tesame met die nuwe nasionale minimumloon wat op 1 Maart 2021 in werking getree het, moet werkgewers ook kennis neem van die verhoogde jaarlikse inkomsteplafon wat geïmplementeer is. Die vorige inkomsteplafon is sedert 1 Julie 2014 in werking en is nou verhoog vanaf R205 433,30 tot R211 596,30. Die inkomsteplafon het ’n effek op die bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (75 van 1997), die Wet op Arbeidsverhoudinge (66 van 1995) en die Wet op Billike Werksgeleenthede (55 van 1998).
WAT IS VERDIENSTE (INKOMSTE)?
‘Verdienste’ beteken ’n werknemer se gereelde jaarlikse vergoeding voor aftrekkings (byvoorbeeld inkomstebelasting, pensioenfondsbydraes, mediesefondsbydraes en soortgelyke betalings), maar sluit uit enige bydraes in wat deur die werkgewer ten opsigte van die werknemer gemaak word. Verblyf- en vervoertoelaes wat ontvang word, prestasietoekennings en betalings vir oortyd gewerk, word ook uitgesluit uit die bestek van vergoeding.
WET OP BASIES DIENSVOORWAARDES (WBDV)
Ingevolge die WBDV word werknemers wat bo die inkomsteplafon verdien, uitgesluit uit die bepalings wat die normale werksure, oortyd, saamgeperste werksweke, gemiddelde werksure, etensure, daaglikse en weeklikse rusperiodes, Sondagbetaling, betaling vir nagwerk en betaling vir werk op openbare vakansiedae reguleer. Dit beteken dat die regulering van voorgenoemde onderling ooreengekom moet word en nie deur die WBDV gereguleer sal word, soos in die geval van werknemers wat onder die inkomsteplafon verdien nie.
WET OP ARBEIDSVERHOUDINGE (WAV)
Ingevolge die WAV is werknemers wat bo die inkomsteplafon verdien, nie onderhewig aan die bepaling dat werknemers wat deur ’n tydelike werkverskaffingsdiens of arbeidsmakelaar aangestel word, geag word as werknemers van die werkgewer of kliënt vir doeleindes van die WAV nie. Daarbenewens val werknemers wat bo die inkomsteplafon verdien, buite die bestek van die bepalings wat verband hou met werknemers op ’n vaste termyn wat geag word as permanente indiensname ná drie maande (in die afwesigheid van ’n regverdigbare rede vir die vasstelling van ’n vaste termyn).
WET OP BILLIKE WERKSGELEENTHEDE (WBW)
’n Werknemer wat bo die inkomsteplafon verdien en ’n dispuut het kragtens Hoofstuk II wat verband hou met onregverdige diskriminasie, kan nie die dispuut na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA of ‘CCMA’) verwys nie. So ’n werknemer is verplig om die dispuut direk na die Arbeidshof te verwys vir beslegting (tensy die dispuut verband hou met beweerde onregverdige diskriminasie op grond van seksuele teistering, of indien die partye almal tot arbitrasie instem).
Dit is uiters belangrik vir elke werkgewer om te bepaal watter werknemers bo die inkomsteplafon verdien en watter werknemers onder die inkomsteplafon verdien, aangesien dit ’n groot impak het op die bepalings en voorwaardes van indiensname waarop die werkgewer en werknemer kan ooreenkom. Werkgewers moet ingelig en op hoogte bly van arbeidswetgewing ten einde proaktief te kan optree om hul regte, asook die plaas, te beskerm met verwysing na die diensverhouding vorentoe.
Published on Tuesday, 30th March 2021 - 13:38
disclaimer
Cookie | Duration | Description |
---|---|---|
cookielawinfo-checkbox-analytics | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Analytics". |
cookielawinfo-checkbox-functional | 11 months | The cookie is set by GDPR cookie consent to record the user consent for the cookies in the category "Functional". |
cookielawinfo-checkbox-necessary | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookies is used to store the user consent for the cookies in the category "Necessary". |
cookielawinfo-checkbox-others | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Other. |
cookielawinfo-checkbox-performance | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Performance". |
viewed_cookie_policy | 11 months | The cookie is set by the GDPR Cookie Consent plugin and is used to store whether or not user has consented to the use of cookies. It does not store any personal data. |