MPO Nedbank Rentmeesterskaptoekennings 2021

Die MPO Nedbank Rentmeesterskaptoekennings vir melkboere wat uitstaande rentmeesters is van hulle besighede, produk, diere en mense op die plaas, die omliggende gemeenskap en die omgewing word hierdie jaar vir die vyfde keer aangebi

Wat behels die Rentmeesterskaptoekennings?

Suid-Afrikaanse melkboere is van die beste in die wêreld en produseer melk teen die derde laagste koste wêreldwyd. Dit spreek boekdele ten opsigte van doeltreffendheid en produktiwiteit. Ons melkboere is wêreldklas ten spyte van die feit dat ons net 0,4% van die wêreld se melk produseer.

In die lig hiervan het die MPO in 2017 die Rentmeesterskaptoekennings bekend gestel om melkboere wat goeie rentmeesters van hulle plase is te erken en beloon en ook om die publiek in te lig dat die suiwelprodukte wat hulle koop op ‘n verantwoordelike en volhoubare manier geproduseer word. Om in aanmerking te kom vir die toekenning moet genomineerde melkboere presteer in al drie die strategiese pilare van volhoubaarheid naamlik winsgewendheid, sosiaal (die mense en diere op die plaas en die omliggende gemeenskap) en die omgewing. Die beoordelaars het die vorige vier jaar nie ‘n maklike taak gehad nie – om ‘n wenner te kies tussen sulke hoogstaande suiwelrentmeesters is nie kinderspeletjies nie. Die toekennings is beslis een van die groot hoogtepunte op die MPO se jaarlikse kalender  en ons voel bevoorreg om met ons melkboere te kan spog.

Wat is die vereistes vir goeie rentmeesterskap?

  • Verantwoordelike en sorgsame bestuur van die omgewing – grond, water en lug of die toepassing van omgewingsvriendelike boerderypraktyke
  • Etiese dieresorg praktyke – Hoë standaarde van dierewelsyn en ‘n effektiewe kuddegesondheidsprogram
  • ‘n Hoë lewenskwaliteit met ‘n gesonde balans tussen werk en vrye tyd vir al die mense op die plaas, die boer ingesluit en ‘n positiewe bydrae tot die opheffing van die omliggende gemeenskap – sosiaal
  • Produksie van ‘n veillige en gesonde produk van hoogstaande kwaliteit– produkintegriteit
  • ‘n Winsgewende plaasonderneming

Watter stappe word gevolg in die beoordelingsproses?

Die MPO het vroeg in Maart ‘n uitnodiging gerig aan rolspelers in die bedryf om boere te nomineer wat goeie rentmeesters van hulle melkplase is. Die sluitingsdatum vir die nominasies is 30 Junie. Genomineerde boere is gevra om die MPO 3P Rentmeesterskap vraelys in te vul wat die elektroniese been van die beoordeling is. Die finaliste word op grond van die puntetoekenning vir hulle antwoorde op die vraelys gekies. Die beoordelaars lê by elkeen van die finaliste se plase ‘n verifikasiebesoek af as die laaste stap in die beoordelingsproses. Die finale punte word bereken op grond van ‘n kombinasie van die punte toegeken met die elektroniese vraelys en tydens die plaasbesoeke.

Die beoordelaarspaneel bestaan uit Dr Chris van Dijk en Barbara Bieldt – MPO, Dr Heinz Meissner – Melk SA, Sue Viljoen – World Wide Fund for Nature (WWF) en Jompie Burger – Suiwel Standaard Agentskap.

Wanneer word die wenner aangekondig en watter pryse kan die jaar gewen word?

Die wenner word aangekondig tydens die MPO se jaarlikse Galadinee en Toekenningsfunksie wat hierdie jaar op 19 Oktober plaasvind. Nedbank borg pryse ter waarde van R80 000 – R40 000 vir die wenner, R30 000 vir  die naaswenner en R10 000 vir die derde plek om op die plaas te gebruik om hulle rentmeesterskapsdoelwitte te bereik. Plaasvideo’s deur Nedbank geborg word ook gemaak op elkeen van die drie finalsite se plase en word tydens die toekenningsseremonie vertoon en op al die MPO se mediaplatforms versprei.

 

Published on Friday, 26th March 2021 - 09:27

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer