A railway track switch

OP DIE REGTE PAD MET DIE HOU VAN ’N DISSIPLINÊRE VERHOOR deur Christo Bester

 

’n Dissiplinêre kode is noodsaaklik om te verseker dat daar duidelike reëls in die werksplek is vir werknemers om te volg. Wanneer hierdie reëls nie nagekom word nie, kan die werkgewer progressiewe dissipline toepas (waarskuwings). In gevalle van ernstige wangedrag kan die werkgewer direk voortgaan met ’n dissiplinêre verhoor. Met die hou van ’n dissiplinêre verhoor word twee dinge verseker: dat ’n billike prosedure gevolg word, en dat daar substantiewe rede is om die werknemer te ontslaan. Die werkgewer moet ook aan die werknemer die geleentheid bied om sy/haar saak te stel en getuies te roep.

STAPPE OM TE VOLG TYDENS N DISSIPLINÊRE VERHOOR

Reik n kennisgewing aan die werknemer uit om n dissiplinêre verhoor by te woon

Die werkgewer moet op die kennisgewing die datum, tyd en plek aandui waar die verhoor sal plaasvind, en die kennisgewing moet ook ’n gedetailleerde beskrywing van die aanklag(te) teen die werknemer bevat, met opgaaf van die datum, tyd en beskrywing van die voorval(le). Ons adviseer werkgewers om die werknemer ten minstens 48 uur kennis te gee van die verhoor, naweke en openbare vakansiedae uitgesluit, om die werknemer toe te laat om voor te berei vir die verhoor.

Hou die verhoor op die voorgestelde datum en tyd

Selfs indien die werknemer nie opdaag vir die verhoor nie, moet die verhoor steeds voortgaan in die werknemer se afwesigheid. Die werkgewer kan voortgaan om bewyse aan die voorsittende beampte voor te lê. Die voorsittende beampte sal bepaal of die werknemer voldoende kennis van die verhoor ontvang het en of die werknemer afwesig is met ’n geldige rede of nie.

Tydens die verhoor sal die voorsittende beampte die werknemer vra om skuldig of onskuldig te pleit op die aanklagte wat teen hom ingebring is

Die werkgewer stel sy saak deur bewyse voor te lê en getuies te roep. Die werknemer word dan toegelaat om sy saak te stel en die bewyse wat deur die werkgewer voorgelê is, te kruisondervra. Daarna kan die werkgewer die bewyse en getuies van die werknemer kruisondervra. Na afloop van die dissiplinêre verhoor sal beide partye slotargumente lewer.

Die voorsittende beampte moet n bevinding van skuldig of onskuldig maak

Na afloop van die slotargumente sal die werkgewer gevra word om verswarende faktore voor te lê en die werknemer sal gevra word om versagtende faktore voor te lê. Die voorsittende beampte sal dan die toepaslike sanksie bepaal. Indien die sanksie ontslag is, kan die werknemer met onmiddellike effek ontslaan word.

’n Dissiplinêre verhoor kan formeel of informeel wees, maar dit is baie belangrik dat die werkgewer moet kan bewys dat die verhoor wel gehou is. Daarom adviseer ons dat werkgewers ’n formele verhoor hou, sodat die werkgewer kan verseker dat al die papierwerk in orde is indien die saak verwys word na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA).

Published on Wednesday, 3rd February 2021 - 12:38

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer