Close-up Of A Businessman Hand Holding Green Check Mark Icon

ARBEIDSWETGEWING: DOEN DIT REG deur Christo Bester

 

Suid-Afrika se sakeomgewing is hoogs gereguleer ten opsigte van arbeidswetgewing.  Dit plaas bykomende druk op werkgewers, spesifiek wat betref die plaas se winsgewendheid en volhoubaarheid. Deur proaktief te wees en ’n vaartbelynde arbeidsomgewing daar te stel kan die werkgewer dispute in die werkplek beperk.

KONTROLELYS VIR WERKGEWERS

ten opsigte van die vereistes wat arbeidswetgewing stel:

  • Registrasie
  • Is jy geregistreer by die Vergoedingskommissaris?
  • Is jy geregistreer by die Werkloosheidsversekeringsfonds?
  • Dienskontrakte
  • Het elke werknemer ’n dienskontrak wat aan toepaslike arbeidswetgewing voldoen?

Neem kennis dat die dienskontrak die heel belangrikste dokument in die werkplek is en die grondslag vorm van die diensverhouding.

  • Gebruik jy vaste-termyn- of permanente dienskontrakte in ooreenstemming met wetgewing?

Neem kennis dat dit onwettig is om permanente indiensname te probeer verbloem in die vorm van ’n vastetermyndienskontrak.

  • Dokumentasie
  • Ontvang elke werknemer ’n salarisstrokie wat aan arbeidswetgewing voldoen?
  • Hou jy ’n teenwoordigheidsregister, asook ’n rekord van alle ure gewerk?
  • Vertoon jy die wetgewingplakkate in die werkplek (Wet op Basiese Diensvoorwaardes, Wet op Billike Werksgeleenthede, Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid)?
  • Hou jy ’n personeellêer vir elke werknemer met die volgende inligting: werknemer se dienskontrak, verlofvorms, salarisstrokies, dissiplinêre rekord, ID-dokument en persoonlike besonderhede?
  • Dissipline in die werkplek
  • Het die werkplek ’n relevante dissiplinêre kode wat op datum is en waarvan werknemers bewus is en dit verstaan?

Die dissiplinêre kode dien as riglyn vir werkgewers ten opsigte van die toepaslike sanksie vir spesifieke oortredings.

  • Is daar ’n duidelike beleid wat werknemers kan volg met verwysing na die reël(s) ten opsigte van ’n spesifieke onderwerp?

Beleid definieer die werkgewer se eie reëls en moet billik wees. Tipiese beleide sluit in ’n rookbeleid, selfoonbeleid, en higiënebeleid.

  • Is daar duidelike prosedures wat werknemers kan volg wanneer ’n spesifieke insident plaasvind?

Tipiese prosedures sluit in ’n appèlprosedure en grieweprosedure.

  • Ander
  • Betaal jy ten minste die minimumloon?
  • Is jy ’n aangewese werkgewer ingevolge die Wet op Billike Werksgeleenthede en voldoen jy aan die toepaslike vereistes?
  • Voldoen jy aan die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid?
  • Indien daar ’n vakbond in jou werkplek is, het jy ’n erkenningsooreenkoms in plek?

Om aan arbeidswetgewing te voldoen is nie onderhandelbaar nie en werkgewers loop die risiko van hewige boetes en selfs tronkstraf in gevalle van nie-voldoening. Dit is belangrik dat werkgewers op hoogte bly van toepaslike arbeidswetgewing en daaraan voldoen.

Published on Wednesday, 11th November 2020 - 11:12

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer