Mediaverklaring: vir onmiddellike vrystelling
MPO MEDIADAG
20 MEI 2020
Dit ly geen twyfel nie dat digitale bemarking die wêreld stormenderhand verower het. Die span van The Dairy Mail het ʼn geruime tyd verskeie platforms ondersoek om ons digitale strategie te ontwikkel en om ons gedrukte en digitale produkaanbiedings te integreer. Die skep van The Dairy Mail progressiewe webtoepassing is net die volgende stap in ons reis na bemarkingsoutomatisering, en stel ons in staat om veel meer doeltreffend te bemark aan die regte gehoor op die regte tyd.
The Dairy Mail-toepassing
Die huidige beperkende omstandighede het ons ontwikkelingsfase verhaas, en die ontwikkelingspan het letterlik die toepassing binne 40 grendeldae gebou en die Mei-uitgawe daarop gepubliseer. Ons sê dikwels grappenderwys dat ons ons ark binne 40 dae gebou het, terwyl dit gereën het. Daarmee impliseer ons dat die ontwikkeling ’n voortgaande proses gaan wees, aangesien digitale tegnologie voortdurend verander.
Hierdie digitale platform stel ons en ons reklamevennote in staat om ’n meer unieke en individuele verhouding met elkeen van ons lesers te hê. Dit neem die kreatiwiteit, strategie en ervaring van ons bemarkings- en openbarebetrekkinge-span en brei die vermoëns en kapasiteit daarvan uit. Digitale integrasie kan so eenvoudig wees soos die afstuur van ’n outomaties gegenereerde respons of om na ’n video te kyk. Dit kan ook baie gedetailleerd en kompleks wees en die leser lei deur ’n verpersoonlikte, individueel gepaste bemarkingservaring gebaseer op die leser se dataprofiel en betrokkenheid by die toepassing of bemarkingsveldtog. Die doel is om die leser se ervaring te verryk deur die gebruik van kunsmatige intelligensie.
Installeer die toepassing
Tik eenvoudig hierdie URL (dairymail-app.co.za) in jou webblaaier (jou voorkeurtoepassing vir toegang tot of soektogte op webwerwe). Wanneer die tuisblad verskyn, het jy die geleentheid om die toepassing op jou tuisskerm by te voeg. Dit versterk die gebruikservaring en laat die toepassing op jou mobiele toestel loop. Op ’n iPhone-toestel is die opsie om dit op jou tuisskerm te stoor die middelste ikon op die wit banier aan die onderkant van die tuisblad wat lyk soos ’n koevert met ’n pyl na bo, terwyl dit op ’n androïed-toestel ’n blou ikon sal wees met ’n plus en ’n huis-piktogram in die onderste linkerhoek van die skerm. Verkry van hier toegang tot die artikel wat jy wil lees …
… want dit is ons passie om jou ingelig te hou!
Published on Friday, 29th May 2020 - 09:27
disclaimer
Cookie | Duration | Description |
---|---|---|
cookielawinfo-checkbox-analytics | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Analytics". |
cookielawinfo-checkbox-functional | 11 months | The cookie is set by GDPR cookie consent to record the user consent for the cookies in the category "Functional". |
cookielawinfo-checkbox-necessary | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookies is used to store the user consent for the cookies in the category "Necessary". |
cookielawinfo-checkbox-others | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Other. |
cookielawinfo-checkbox-performance | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Performance". |
viewed_cookie_policy | 11 months | The cookie is set by the GDPR Cookie Consent plugin and is used to store whether or not user has consented to the use of cookies. It does not store any personal data. |