SA Stamboek en Diereverbeteringvereniging se nuwe Uitvoerende komitee (Exco) verkies tydens die Algemene Jaarvergadering op 2 November 2017

Tydens die Algemene Jaarvergadering van SA Stamboek wat op 2 November

2017 in Bloemfontein gehou was is Mnr Freddie Wasserfall herverkies as President van die Vereniging. Freddie is tans ook president van die Charolais Beestelersgenootskap van Suid-Afrika. Hy dien dus nou in ’n tweede termyn as President van Stamboek. Mnr Russel Clark, raadslid van SA Hereford en vise voorsitter van die Tuli Beestelersgenootskap van Suid-Afrika is verkies as Vise President van SA Stamboek. Mnr Michiel Burger, raadslid van SA Boerperd, is verkies as tesourier. Mnr Duncan Serapelwane, raadslid van Bonsmara SA is herverkies op Exco, Mnr Carel Nel, vorige tesourier op Exco en verteenwoordiger van die Drakensbergergenootskap van Suid-Afrika dien ook weer as Exco lid. Ander lede wat steeds dien en waarvan termyne nog nie verstreke is nie, is Dr Johan Jooste (verteenwoordiger van Jersey SA), Mnr PW van Heerden (verteenwoordiger en president, Meatmaster Skaaptelersgenootskap van Suid-Afrika) en Mnr Christopher Melamu (Bonsmara SA).

In sy presidentsrede het Mnr Freddie Wasserfall onder ander verwys dat die stoetbedryf steeds die basis van genetiese diereverbetering in Suid-Afrika bly en die hele veebedryf hierby baat, hetsy direk of indirek. Stamboek se impak op dienslewering aan die groter bedryf, en deur die bydrae van die Vereniging se lede, kan gemeet word aan die feit dat ongeveer 80% van die diere in die stoetbedryf by die Vereniging aanteken en gebruik maak van sy dienste. Hy het ook klem gelê op die kernwaardes waaronder die stoetbedryf, en veral Stamboek moet besigheid doen, naamlik eerlikheid, toewyding tot innovering en nuwe denke, toewyding vir voortreflikheid en erkenning aan elke lid en gebruiker van dienste en produkte wat voortspruit uit stoetteling. Die tempo van tegnologiese ontwikkelings en bombardement met inligting verg al hoe meer nugtere denke vir stoettelers en natuurlik ook alle ander produsente van landbougewasse. Stamboek wil vir alle stoettelers in besonder, maar ook ander veeprodusente oor die algemeen, die onderbou bied om kompeterend te bly en die nuwe ontwikkelings reg aan te wend.

Published on Thursday, 9th November 2017 - 11:38

Recent Posts

CHURN YOUR WEEKEND INTO A WEST COAST CHEESE AND WINE FESTIVAL

12 April 2022 Over the weekend of Saturday 23 to Sunday 24 April, the historic Groote Post Wine Estate, world-renowned for its award-winning wines, will play
Read More

HEAVY RAINFALL, ROADS CLOSURES PUT STRAIN ON KZN’S AGRICULTURAL SECTOR

MEDIA RELEASE                                                                                                                   14 April 2022 The exportation of produce and importation of agricultural related goods has been significantly affected by the recent severe weather conditions
Read More

INTERNATIONAL FARMER PRICES AND DAIRY PRODUCT PRICES AT RECORD LEVELS

MPO POINTER 2/8 April 2022 In Europe, the average farmer price of unprocessed milk is up by 20%. Indeed, a new price regime developed after numerous
Read More

FOOT-AND-MOUTH DISEASE BIOSECURITY STRATEGY FOR THE MILK PRODUCER

FOR IMMEDIATE RELEASE | 31 March 2022   Since 1 March 2022, eight new outbreaks have occurred in four South African provinces. Limpopo              2             11 March
Read More

disclaimer