Plaaslike mark
Die totale melkinname in die eerste vyf maande van 2017, soos aan Melk SA berig, word tans op 1 186 million liter geraam, wat 0,03% minder as in 2016 is. In Mei 2017 is ’n geraamde 228,6 miljoen liter melk gelewer, vergeleke met 229 miljoen liter in Mei 2016. Melkvloei in die komende maande sal waarskynlik kwalik op die huidige vlak bly. Moeilike produksietoestande in binnelandse gebiede en probleme met siektes sal produksiegroei in hierdie gebiede aan bande lê. Die laer graanprys sal die marges van intensiewe produsente vermeerder. In kusgebiede sal die koste van ruvoer produksiegroei na verwagting beperk. Gebaseer op produksie tydens die eerste vyf maande en as mens aanvaar dat die lente normaal gaan wees, word die huidige melkproduksie in 2017 tans op 3 070 miljoen liter geraam, wat ietwat meer is as in 2016.
Nadat die Oesskattingskomitee die vooruitskatting vir die land se sojaboonproduksie in Mei na 1,23 miljoen ton hersien het, het die komitee weer sy vooruitskatting na 1,34 miljoen ton opgestoot – wat hierdie seisoen se oes die grootste op rekord maak. Dit beteken dat Suid-Afrika hierdie seisoen ’n netto uitvoerder van sojabone kan wees. Om meer te lees, klik HIER.
By ’n onlangse mediakonferensie wat deur die Nasionale Persklub gereël is, het AgriSA sy prospektus oor skaliegaseksplorasie in Suid-Afrika geloods. Om meer te lees, klik HIER.
Nedbank het hom daartoe verbind om toegang tot die bankwese in al hoe meer ontwikkelende gemeenskappe in Suid-Afrika te vergroot. “Hierdie vennootskap sal die plaaslike boerderygemeenskap en klein sakeonderneming in staat stel om die meeste bankdienste te geniet sonder dat hulle na groot winkelsentrums hoef te reis, wat gerief in die hand werk,” sê Craig Evans, afdelings- uitvoerende beampte: kleinhandel- en sakebankwese. Om meer te lees, klik HIER.
Dit is ou nuus dat daar plaaslik te veel mielies − veral wit mielies − is. Dit is nie altyd so duidelik hoeveel té veel wit mielies daar is nie. Die verbruik van wit mielies word dus uiteengesit en stuk vir stuk van die aanbod afgetrek om sodoende by ‘n duideliker antwoord uit te kom. Om meer te lees, klik HIER.
Leeudoringstad
Schweizer-Reneke
Dit was nie vir Johan Strydom, Voorsitter van Noordwes moontlik om die vergaderings by te woon nie, maar hy bedank die produsente wat wel moeite gedoen het om die dae by te woon, asook die betrokke takvoorsitters vir hul bydrae ten opsigte van die reëlings. Hy bedank ook die maatskappye vir hul finansiële bydrae om die boeredae vir ons moontlik te maak.
Jompie Burger, direkteur van die Suiwelstandaard-agentskap, gesels oor voedselveilighied in die suiwelwaardeketting.
Dr. Chris van Dijk, HUB van die MPO, gesels oor die onlangse Grootkudde-konferensie. Luister hier na die onderhoude https://agriorbit.com/kyk-30-junie-op-grooplaas/
Ons maak graag ’n belangrike regstelling na aanleiding van verlede week se berig in hierdie nuusbrief: ‘n groot aantal Oos-Kaapse boere het in 2015 saamgewerk om voer na droogtegeteisterde gebiede in die Vrystaat en Noord-Wes te stuur, en nie net een, soos wat foutiewelik in die berig genoem is nie. Die MPO is tereg trots op sy melkprodusente en hul gewilligheid om mekaar in moeilike tye te help.
Internasionale mark
Kleiner saaiboere meen dikwels dat hulle nie op hul plase sal kan baat by GPS-tegnologie nie. ’n Farm Journal-studie op twee llinois-plase van verskillende groottes laat dit egter blyk dat plase van verskillende groottes wel by strookbeheer en wisselendetempo-tegnologie (VRT)) kan baat.
Wat belangrik is, is nie die grootte nie, maar wel of die tegnologie by jou stelsel pas. Weeg jou belegging teen verhogings in opbrengs en kostebesparings op.
Evalueer tegnologie deur te vra wat een aspek, soos strookbeheer vir jou onderneming kan doen. Om meer te lees, klik HIER.
Pryse was gemiddeld 0,4% laer by die GlobalDairyTrade (GDt)-veiling wat op 4 Julie gehou is as by die vorige veiling in Junie 2017. Cheddar-kaas en afgeroomde melkpoeier was 3,2% en 4,5% laer. Pryse vir volroommelkpoeier het met 2,6% gestyg en karringmelkpoeier met 10,8%. Botterpryse was marginaal (0,1%) laer. Die toenames in karringmelk en volroommelkpoeierpryse dui die voortgesette vraag en laer aanbod van botter en melkvette oor die algemeen aan.
’n Glas melk verleen woema aan ons voedingsbehoeftes, wat mens daaraan herinner hoe belangrik suiwel in ons dieet is. Koeimelk help ons om aan ons voedingsbehoeftes te voldoen, en daar is wel navorsing wat aandui dat dit moontlik beskerming bied teen sommige van die groot chroniese siektes. Om meer te lees, klik HIER.
Suiwelprodukte is die hoeksteen van die probiotiese mark. Probiotiese jogurt en suiweldrankies het die gedagte dat mens jou gesondheid kan ondersteun deur bakterieë te gebruik na die hoofstroom gebring en is onderliggend aan ’n mark wat miljarde dollars werd is. Nietemin is funksionele suiwelprodukte nog ver daarvan om hul potensiaal te verwesenlik. Om meer te lees, klik HIER.
Nestlé Spanje beplan om vanjaar €2,24 m in sy produksiesentrum in Sevares (Asturias) te belê, om ’n produksielyn te vernuwe, en om die fabriek se gehaltebeheerlaboratorium te moderniseer. Om meer te lees, klik HIER.
As daar nou een saak is waaroor mens gerus maar slaap kan verloor, dan is dit wat die Trump-, Trudeau- and Nieto-administrasies gaan doen wanneer hulle administrasies die Noord-Amerikaanse vryehandelsooreenkoms (Nafta) heronderhandel. Om meer te lees, klik HIER.
Opleiding
Helene Pheiffer, opleidingsbestuurder by die MPO, rig ’n versoek aan melkprodusente om hul melkplaas-opleiding so gou moontlik te skeduleer. Die Instituut vir Suiweltegnologie is tans in die proses om hul opleidingsprogramme vir 2017 te skeduleer. Kursusse is gerig op melkplaaswerkers en -toesighouers. Klik HIER vir besonderhede oor die opleidingsprogramme wat aangebied word. Kontak Jas Wasserman by 012 843 5743 of 082 490 2465 vir meer inligting en om in te skryf vir ’n vyfdag-kursus.
Die MPO se Instituut vir Suiweltegnologie bied ’n vyfdaagse opleidingskursus vir suiwelboere aan oor die bestepraktykkode vir beroepsgesondheid en -veiligheid. Die kursus is prakties en rus deelnemers toe met die kennis om te voldoen aan die vereistes van die Wet op Beroepsgesondheid en –veiligheid (Wet 85 van 1993). Opleiding word op die plaas gegee in die taal van voorkeur. Melkboere wat hulp nodig het om te voldoen aan die Departement van Arbeid se gesondheids- en veiligheidsvereistes op hul plase word aangemoedig om die Instituut te kontak om ’n opleidingsprogram te skeduleer. Die Instituut skeduleer tans sy programme vir 2017. Klik HIER vir besonderhede oor al die opleidingsprogramme wat aangebied word. Kontak Jas Wasserman by 012 843 5743 of 082 490 2465 vir hulp en om ’n vyfdagkursus te bespreek.
Tegnologie-oordrag
Pete Ward van Kruisfontein Farming in Mooirivier het die aantal liters geproduseer in April 2017 op 228 miljoen geskat wat inderdaad baie naby aan die werklike hoeveelheid is. Pete het die Dairy Digits in die Junie-uitgawe bestudeer en gemerk dat die tendens vir melkproduksie in vorige jare altyd neig om laer te wees in Maart en April en dit gebruik vir sy berekening van die antwoord. Welgedaan Pete!
Kom toets jou kennis en staan ’n kans om te wen. ’n Wenner sal maandeliks aangekondig word en verskeie pryse kan gewen word. Ná 12 trekkinge sal ’n nasionale wenner by die MPO se gala-ete van 2018 aangekondig word. Klik HIER vir meer inligting en aanwysings oor hoe om in te skryf.
Wanneer mens deur die hekke van Bloekomlaan-plaas ry, is dit duidelik dat dit ’n buitengewoon goed bestuurde onderneming is. Vanaf die duidelike wegwysers tot die goed onderhoude grondpad en heinings, getuig alles van professionalisme. Om meer te wete te kom oor die “evolusie” van die plaas, blaai na bladsy 130 van die Julie-uitgawe van The Dairy Mail. Om die digitale afskrif van TDM te lees, gaan na www.agriconnect.co.za.
Gebeure
Johan Strydom (voorsitter van die Lichtenburg-tak en Noordwes) nooi al die melkprodusente in Noordwes om op 27 Julie om 10:00 die Boeredag op sy plaas Wolvenfontein naby Lichtenburg by te woon. Die tema van die dag is kalfgrootmaak en gassprekers Kenneth Botha van Barnlab, Douw Steyn van GWK en Mike Mouton van DeLaval gaan voorleggings doen. Verskeie ander maatskappye gaan ook teenwoordig wees. Rig asseblief navrae aan Benita by benita@mpo.co.za of 073 116 8544 en RSVP asseblief teen 21 Julie.
Teken die datum van die jaarlikse MPO Gauteng Suiweldag aan. Dit vind plaas op 9 Augustus by die Belnori Boetiek-kaasmakery, Bapsfontein, Gauteng. Rina Belcher beplan ʼn interessante program vir die dag, wat hoefsny- en onthoorningsdemonstrasies insluit. Navrae kan aan Rina gerig word by 082 377 5698, of stuur ʼn e-pos na belnori220@gmail.com. Klik HIER om toegang te kry tot die program.
Vrywaring: Die MPO-melkbulletin word saamgestel uit bronne wat as betroubaar geag word. Die uitgewer aanvaar egter geen verantwoordelikheid vir enige foute of die uitwerking van enige besluite wat op artikels in hierdie publikasie gebaseer is nie.
Skakels
Melkprodusente-organisasie
The Dairy Mail
Kontak ons
Dr. Chris van Dijk
HUB: MPO
Barbara Bieldt
Bestuurder: Markbeskerming en -Ontwikkeling
Dr. Koos Coetzee – Ekonoom
Philip Swart – MPO: Bestuurder van Lededienste
Published on Saturday, 15th July 2017 - 21:38
disclaimer
Cookie | Duration | Description |
---|---|---|
cookielawinfo-checkbox-analytics | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Analytics". |
cookielawinfo-checkbox-functional | 11 months | The cookie is set by GDPR cookie consent to record the user consent for the cookies in the category "Functional". |
cookielawinfo-checkbox-necessary | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookies is used to store the user consent for the cookies in the category "Necessary". |
cookielawinfo-checkbox-others | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Other. |
cookielawinfo-checkbox-performance | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Performance". |
viewed_cookie_policy | 11 months | The cookie is set by the GDPR Cookie Consent plugin and is used to store whether or not user has consented to the use of cookies. It does not store any personal data. |